LettersOpinion

Kleuters moet klim en klouter!

Dit is nou nadat ek hulle gesigte en hande met 'n groot gestoei gewas het.

Mevrou – So 25 tot 30 jaar gelede het ek en my man ons kinders elke Sondag na ‘n parkie geneem om te speel.

Hulle kon van al hul oortollige energie op die swaaie en beskikbare speeltoebehore ontslae raak. Nie een Sondag het ons na dieselfde parkie gegaan nie. Nee, die kinders kon kies.

Gewoonlik wanneer hulle behoorlik sat en uitgeput was, het die roomyskarretjie met ‘n harde lawaai sy teenwoordigheid bekendgemaak. Die kleuters het hul bene stompies gehardloop om eerste by die karretjie (toe ‘n pienk kombi) te kom.

Wanneer hul roomys klaar was en hul klere heerlik besmeer is (want ‘n kleintjie van drie of vier kon nie so vinnig ‘n roomys baasraak nie) het ons huiswaarts gekeer waar hulle oormoeg omgetiep en aan die slaap geraak het.

Dit is nou nadat ek hulle gesigte en hande met ‘n groot gestoei gewas het.

ALSO READ: Trim Park left in a state of disrepair

Vandag het dieselfde kleuters van destyds hul eie kinders. Maar helaas, die parkies het leeggeloop. Die roomyskarretjie het afgetree.

Nou kan ons net na foto’s kyk om die heerlike tye te beleef. Deesdae lê al wat ‘n opgeskote tiener is met hul jeans amper op die knieë afgesak op die gras met sommige wat halfhartig op die skoppelmaaie vir kwaadgeld swaai.

As die regering nog werk wil skep vir huisvroue- en mans, laat twee-twee die parkies oppas en al wat ‘n ongewenste karakter weghou met tweerigtingradio’s.

Kry weer ‘n afgetrede roomyskarretjie …………. en siedaar, die parkies waarvan Newcastle hope het, kan weer herlewe!

Kleuters moet klim en klouter om spiere te oefen!

Gaatzi Goobi

Related Articles

Back to top button