BlogsDie WoestynrotEditor's choiceOpinion

Wanneer peri-peri potte begin rugby speel met ‘n gemsboklewer…

Nou-ja.....Daai een Hollandse bier wat jy soms berge van vol in Coronation Park sien lê, is nie sleg nie, maar die bottel maak my de moer in

Bier. Soms te veel. Soms net reg. Altyd goed. As dit klink soos ‘n advertensie, is jy seker reg, maar wie sal weet watter rol bier regtig in ‘n man se lewe moet speel…?
Dan praat ons nou nie hier van die ouens wat elke oggend so twee biere moet drink dat hulle net by die deur kan uitkom nie. Nee. Hier het ek fynproewers voor oë, manne wat sal weet om ‘n Amerikaanse bier opsy te skuif vir ‘n goeie Duitse, Hollandse of Belgiese bier.
Hier en daar is daar selfs ‘n Suid-Afrikaanse bier ook.
Hier praat ek nie nou van die bier wat mense laat dink dat Suid-Afrikaners net hierdie bier drink, net sokker kyk, en boodskappies op bierbottels in Afrika vir hulle maatjies los nie. Nee, nie daai bier nie…
Ons kyk nie sokker nie. Okay, so af en toe ene van Bayern Munchen se games, maar dis dit.
Nou-ja…..Daai een Hollandse bier wat jy soms berge van vol in Coronation Park sien lê, is nie sleg nie, maar die bottel maak my de moer in. Dan is daar die onding wat hulle ligte bier noem, veral daai ene wat glo sommer koud-koud uit die winkel kom, en wat hulle op teevee op geboue in die sneeu rondgooi. Nee, dankie.
Amerikaanse bier is die domein van Noord-Afrikaanse oorlogshere en Suid-Afrikaanse akkommodasie-eienaars wat dink hulle is snaaks, of oulik. Net jammer dit smaak soos lemonade. In België is daar seker oor ‘n duisend verskillende soorte biere. Boetiekbiere, of kunstenaarbier, as jy wil. Let op dat ons nie hier van kunsbiere praat nie.
Daai bier met Charles se naam op, is ‘n kunsbier.
In België bestel jy “een bolleke” bier, wat beteken dat jy dit in ‘n ronde glas gaan kry.
Pasop net dat jy nie kriek agterna sê nie, want dan gaan jy ‘n rooi bier kry wat soos ‘n aarbeisappie met skuim lyk. Ga. Pasop ook maar vir daai ene wat so in groot letters sê Duvel. Duiwel se bier.
Daai ding is 12% alkohol, en man kom dit eers agter as die eerste een jou welkom heet, die tweede een jou bang maak en die derde een jou voete onder jou uitvat, en jy agterkom dat jou spraakvermoë skielik net weg is. Jou tong gaan staan, pappa. Daar is ook ‘n verskeidenheid van vrugtebiere, donker biere, helder biere (al van “een Belgiese wit” gehoor?) wat so ‘n sitrusklappie in hom het, en nogal nie te erg is nie.
Veral as dit warm is.
Pasop maar vir hom. Hou ‘n stoel byderhand, dat jy kan sit as jy beginne agterkom dat daai bottel jou hand ontwyk. Ek het al manne gesien wat hom net nie kan raakvat nie.
Die vatbier is wat die manne Stella Artois geroep het, maar die Duitsers sê sommer vir hom Stella Arsch. Of is dit nou haar…?
Ek is nie seker nie, maar ek weet ook dat hulle haar Karma noem. So party keer. En hier praat ons nie uit nie.
Dan, as ons in Dundee nie sokkerbier, ligte bier of Hollandse bier drink nie, dan koop ons daai groen kan.
Met die groot W op. Of Tafel. Dis ‘n toergidsding.
Prost…!

You can read the full story on our App. Download it here.

Terry Worley

Editor: NKZN Courier, Newcastle Advertiser and Vryheid Herald.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button