BlogsDie WoestynrotOpinion

“Die Groen en Geel ANC, die Blou ANC en die Rooi ANC……”

Die pas afgelope plaaslike verkiesings het weereens bewys dat die sogenaamde regerende party die posisie wat hulle onder die mense beklee het, begin verloor. Ou Gweezy het self gister oor televisienuus vertel hoe uitvoerende lede hulle sokkies moet begin optrek. Hierdie twee dekades-lange gemaksone wat hulle in geleef het, het begin verkrummel. Hoekom..? Hulle is …

Die pas afgelope plaaslike verkiesings het weereens bewys dat die sogenaamde regerende party die posisie wat hulle onder die mense beklee het, begin verloor.
Ou Gweezy het self gister oor televisienuus vertel hoe uitvoerende lede hulle sokkies moet begin optrek. Hierdie twee dekades-lange gemaksone wat hulle in geleef het, het begin verkrummel.
Hoekom..? Hulle is dan hierdie groot Bevryders in die Stryd gewees…? Waarom is Jan Publiek gatvol vir hulle…? Dis eenvoudig. Gaan lees daardie tydlose Afrikaanse skrywer Jan Rabie se boek, Drie Kaalkoppe eet tesame, en dan sal jy weet hoekom ons gatvol is.
Die Drie Kaalkoppe pas nogal goed oor die Drievoudige Alliansie van die ANC, Cosatu en die SAKP. Daardie eerste oggend as hulle in die Gange van Mag afgestap het om die Kantore van die Land te beset, het die vreetmaal al begin. ‘n Voedingswaansin wat al walgliker en morsiger geword het.
Die hoofkaalkop het vir hom ‘n paleis gebou, en die ander kaalkoppe het saam gevreet aan die koek, wat al kleiner en kleiner geword het. Die land het sedert Die Bevryding! Meer rewolusie en opstand teen regering gesien as in al die jare van onderdrukking.
Diensleweringsproteste het ‘n vreetmaal van sy eie begin word. Die voetsoldate en die straatkaders het blitsig gesien dat daar sonder slag of stoot aan hul eise gehoor gegee word as hulle in die straat saamtrek, bande begin brand (en sommer skole, stadsraadslede se huise en biblioteke ook.) Moet net nie dat daar ‘n drankwinkel in die pad is nie, want dit raak blitsig deel van die protes.
Die plundering – lees ook verwoesting – van buitelanders se besighede en huise, en die een bepaalde voorval waar een soos ‘n dier in die straat vermoor is, het gou landwyd bekend geraak. Die pers het dit zenophobia genoem, vrees vir vreemdelinge. Vrees..? Haat sou dalk ‘n beter uitdrukking gewees het.
Ek sou nogal graag ‘n vlieg teen die muur wou gewees het toe Zuma moes gaan verduidelik het oor die aanvalle op buitelanders. En dit nogal mense wat tydens die Groot Onderdrukking!!!! aan die vaders en ooms van hierdie selfde vegters onderdak en opleiding verskaf het. Die ironie begin aan komedie grens.
Dan tree daar ‘n nuwe akteur na vore: die sogenaamde spin doctor. Hoe sal jy Suid-Afrikaanse spin doctors in Engels vertaal? Kulkunstenaars…??? Mense wat die waarheid vat en dit in kleurvolle pakkies opmaak om aan polities-ongesofistikeerde as Kerspakkies op te dis…??
Die sogenaamde gesteelde grond is maar een brandpunt. Die grondterugeisers het nie een kaart en transport van dit wat hulle as gesteel terugeis nie, maar dit maak nie saak nie. Die straatboewe van Mugabe het hulle goed geleer.
Die Eerste Mense, die inheemse volkere wat wel eerste hier was, die Khoi, is die wat nou by monde van hulle kapteins met die ystervarkpenkrone handewringend by die regerende elite gaan staan en dreunlyf raak saam met mense wat hul geskiedenis nie verstaan nie, en nog minder weet waar hulle vandaan kom.
Voorspoed met daardie een. Die aanrukkende leërs van Mzilikazi en Gaika het daardie tyd nie eers vir julle uitgeswaai nie. Wat laat julle dink hulle gaan dit nou doen…?
Sela.

Related Articles

Back to top button