Poetry: Soos ‘n klein seuntjie was hy

Voor baie geliefdes was hy weer die klein-klein kind. Read more

Mevrou –

Ons, die klei

Soos ‘n klein seuntjie was hy;

So het hy amper sy siel naak blootgestel;

Sy diepste seer aan almal om hom heen.

Bekendgemaak.

Sy donkerste vrese, daar doer..

Aan die anderkant van die treinspoor,

neergelê.

Voor baie geliefdes was hy weer die klein-klein kind;

broos en ontvanklik;

nader aan beide;

goed en kwaad.

So, alleen, sou ons God en Vader

hom alleenlik kon gebruik;

sy grondgebied vergroot;

soos amper teen die oseane sonder grense;

hom, die klein-klein kind

weer bloeisels laat dra

met belofte van vrugte

vir groot en klein

So alleen, kon ons God en Vader

hom gebruik om

soos amper teen die oseaan sonder einde

en met grense van hul wat Hom,

ons Vader nog moes leer ken.

Tot daar diep, in hul harte, kon ken.

So het die klein-klein kind.

Grootgeword.

Sodat God ons Hemelse Vader;

ieder en elk –

eendag welkom kon heet.

In ons eewge tuiste

‘n Dierbare Vriend

Exit mobile version