LettersOpinion

Gee jouself kans om weer behoorlik te kan sing

Mevrou – My wens vir elke tiener, adolessent, volwassenes in Newcastle is as volg: As jy afhanklik is van enige afhanklikheidsmiddel selfs vanaf die straat af of alkohol gekoop oor die toonbank, leer weer vir Jesus ken. Vertrou op Hom, gaan weer op jou knieĆ« en moet nooit ooit moed opgee of om op ons …

Mevrou – My wens vir elke tiener, adolessent, volwassenes in Newcastle is as volg:

As jy afhanklik is van enige afhanklikheidsmiddel selfs vanaf die straat af of alkohol gekoop oor die toonbank, leer weer vir Jesus ken.

Vertrou op Hom, gaan weer op jou knieƫ en moet nooit ooit moed opgee of om op ons Hemelse Vader weer te vertrou nie.

Aan almal met ‘n stryd van enige afhanklikheid aan enige verslawende middel; vat dit een dag op ‘n slag. Jy weet jy kan want jy weet jy wil!

Jy kan want jy weet jy kan weer heelgemaak word; jy kan want jy weet jy sal weer eendag vreugde en liefde ken soos ons Hemelse Vader wat ons van binne en buite ken, ons probleem raaksien en jou ook weer heel wil sien word. Weer die vertroue uit jou oƫ sien straal wanneer jy na Hom opkyk met die gesonde blos op jou wange.

Moenie dat eensaamheid jou onderkry nie; so erg dat jy jou wend na verkeerde middels nie. Onthou mens kan eensaam wees tussen baie. Eensaamheid is maar een van die redes waarom ons onsself met verkeerde maats gaan laat ophou en skielik op ‘n dag besef jy dat daar nie ‘n omkeer is nie.

Kry negatiewe omstandighede waar jy in beheer van is, uit jou lewe. Draai weg van verkeerde maats wat druk op jou uitoefen! Die keuse is joune of jy jouself gaan blootstel aan verkeerde mense en dinge. Net jy weet wat reg is en wat verkeerd is.

Maak skoonskip vandag nog en sluit by die CAD aan wat steeds ‘n baie lewendige ondersteuningsgroep is in ons pragtige dorp met sy oulike kinders wat nog groen hawer op die lande is, en more skielik nie meer is nie.

Onthou! Vat dit net een dag op ‘n slag as jy wil wegbreek van verkeerde weĆ« af!

Gee jouself kans om heel te word met die hulp van die CAD se ondersteuning. Baie van die CAD se lede het so gesond geword met behulp van die CAD ondersteuning.

Gee jouself kans om weer behoorlik te kan sing, lag en dans van gesonde vreugde en liefde vir die lewe!

Gaatzi Goobi

Related Articles

Back to top button