ASB, kontak my

Gerhard de Jager skryf:- Mev……. Ek skryf hierdie brief aan u om my misnoë teenoor u houding Saterdag by Pick & Pay parkeer terein uit te spreek. U het u inkopie trollie blantant teen my voertuig vas gestoot waar dit ‘n lelike krapmerk gelos het. Ons normale mense vat dadelik ons trollies terug na die …

Gerhard de Jager skryf:-

Mev…….

Ek skryf hierdie brief aan u om my misnoë teenoor u houding Saterdag by Pick & Pay parkeer terein uit te spreek.

U het u inkopie trollie blantant teen my voertuig vas gestoot waar dit ‘n lelike krapmerk gelos het. Ons normale mense vat dadelik ons trollies terug na die winkel.

Ek het verskeie pogings aangewend om u aandag te trek, selfs teen u windskerm geklop, maar u het my opsetlik geignoreer.

U het met ‘n spoed weggetrek en amper oor my voet gery.

Ek wil net sê dat ek u voertuig , ‘n wit Hilux dubbel kajuit met ‘n bosbreker en ‘n lip haak voor (sonder ‘n pen) en met ‘n kappie, maklik weer sal uitken, dan sal ek vir seker die registrasie nr nagaan en u onverskilligheid aanmeld.

Ek pas my voertuie baie mooi op en sal nie toelaat dat ‘n humeuringe dame soos u, dit beskadig nie.

Ek sal dit waardeer indien u die Vryheid Herald sal kontak om my nommer te kry, sodat ons die saak kan besleg.

Baie dankie.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version