Baie dankie

Linda de Jager skryf:- EK WIL hiermee vir Bertie en sy kinders by die SPCA uit my hart uit bedank vir hulle hulp en bystand Saterdag. My baba Boerboel het per ongeluk ‘n skaapnek been ingekry, en dit het in haar keeltjie vasgesit. Ek kon nêrens in my nood ‘n veearts kry nie, en het …

Linda de Jager skryf:-

EK WIL hiermee vir Bertie en sy kinders by die SPCA uit my hart uit bedank vir hulle hulp en bystand Saterdag.

My baba Boerboel het per ongeluk ‘n skaapnek been ingekry, en dit het in haar keeltjie vasgesit.

Ek kon nêrens in my nood ‘n veearts kry nie, en het uit pure moedeloosheid vir Bertie geskakel.

Op hierdie stadium het my hondjie se maag begin opblaas, en sy het gesukkel met asemhaling.

Ons het gesukkel om haar bek oop te hou want sy was verbouereerd en het ons gebyt. Ons moes haar kort-kort kans gee om asem te prober skep, want sy was met tye heeltemal pap.

Arme Bertie se hande was teen hierdie tyd ook al stukkend gebyt, maar steeds het hy nie moed opgegee nie. Na langer as ‘n uur se gesukkel, kon Cornè met die hulp van ‘n langneus instrument die been uitkry.

Gelukkig het Dr Theron gereageer op ‘n stempos en terug geskakel. Hy het vir ons laat middag by die spreekkamer gewag, waar hy haar die nodige inspuitings kon gee vir pyn.

Bertie het selfs Sondag middag geskakel om te verneem na haar welstand.

Baie baie dankie Bertie vir julle.

As dit nie vir julle was nie, was my hond dood!! Wees vir seker van my opregte waardering.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version