BlogsDie WoestynrotOpinion

Mens is nou glad nie haastig met stadige dinge nie…

Daar is nog ‘n klein woordjie soos koffie, wat die gang van menslike beskawings van die vroegste jare al bepaal het. Daardie vurige ou Kelte, oorspronklike inwoners van die eiland Brittannia, het gepraat van “uisge.” Die Walliesers, net om anders te wees, (weet ons dit dan nie hier rond nie…??) het gepraat van “wisgi.” Afhangend …

Daar is nog ‘n klein woordjie soos koffie, wat die gang van menslike beskawings van die vroegste jare al bepaal het. Daardie vurige ou Kelte, oorspronklike inwoners van die eiland Brittannia, het gepraat van “uisge.”
Die Walliesers, net om anders te wees, (weet ons dit dan nie hier rond nie…??) het gepraat van “wisgi.” Afhangend van die aard van jou nasionale karakter, praat jy van whiskey, of whisky. Dis eintlik twee eenderse woorde wat na dieselfde wonderwerk verwys, en daar behoort glad nie onnodige diskoerse oor daardie ekstra “e” te wees nie.
Dis eintlik maar net spelling, en praat glad nie van al die oorloë wat dit al gewen het nie, en hoe dit eintlik vir Longshanks by Culloden laat verloor het, as dit nie vir al die blerrie Campbells was wat die vate leeggedrink het nie.
Baie honderde jare gelede, toe die menslike beskawing nog ‘n rede gesoek het om te bestaan, (en net die Arabiere koffie gedrink het) het Middeleeuse chemikuste al uitgevind hoe om dinge te suiwer deur middel van distillering. Dit, en nog ander dinge…
Dit was eers net water, toe olies van verskeie aard, en toe eventueel rou, kragtige vloeibare (en drinkbaar) vloeistowwe. Ek dink die Bowman sou dit ‘n beverage genoem het. Die proses was eers nie perfek nie, en nie al die alkohol is vasgevang nie, en nie al die onsuiwerhede, gifstowwe en kleursel wat die invallers as natuurlik sou beskou het, was uitgewerp nie. Ek dink ‘n ou Franse algemis met ‘n lang wit baard het hulle kom leer, en dis dalk ook hoekom die Iere die Engelse so maklik kon leer golf speel het. Hulle het nou nog nie die grappie gevang nie.
Graan was nodig om hierdie “aqua vitae” te maak, so ‘n aanhoudende gerondneukery agter Romeine en Noormanne was nie aanvaarbaar nie, want die goed moet geplant en bewerk word. Die natuurlike grane wat toe beskikbaar was,was net goed genoeg om warm bier mee te maak. Goeie graan was nodig, want die Vikings het hoesmedisyne van aartappels en ander goed gemaak, Vra maar vir Putin.
Die ou monnike het gou die ou sakie van veroudering beginne besef, en dat dit SLEGS in vaatjies van Franse eikehout gedoen kan word. Hulle het ook gou uitgevind dat die water van die lewe nie in glas of kleiware verouder nie, en die brousel wat jy so sou saamdra, net gesmokkel kon word, of ontploffings mee veroorsaak kon word. Dis nou as jy dit naby Korsikaanse maaskaas, of Engelse bokmelkkaas oornag laat staan het.
Whisky. Hartmedisyne, en dit help ook vir cholesterol- en alle ander sosiale pyne. In enkelmout of gemengde mout. Sommige is vandag nog net geskik om ontploffings mee te veroorsaak, of kwaste skoon te maak, maar daar is heelwat goeies waarmee jy goeie wetenskap kan pleeg. ‘n Goeie enkelmalt raak so weg in jou mond, dat hom eintlik net inasem. Maar dan weet jy. Jy moet op aandag staan as jy hierdie outjie geniet, en jy kan maar rooi partytjiekoeldrank by dit meor as jy dan nou moet, maar meng dit liewer met koffie, as jy dan nou moet.
Anders laat val jy net saggies ‘n paar druppels skoon water in hom, en kyk, ruik en proe hoe die draak losgelaat word.

Related Articles

Back to top button