Van Faceboekvegters, sleutelbordsoldate en Pulitzerpryswenners…

Sosiale media soos Facebook en Twitter het saam met die “verligte eeu” in Suid-Afrika gekom, en het oor die land se mense neergesak soos ‘n skielike skenking Beluca-kaviaar vir ‘n kolonie karwagte se aandete. Stadig maar seker het die grensvegters, oorlogshelde, kunstenaars, moordenaars en vryheidsvegters uit hulle doppe gekruip, en geen dorpie was meer sy …

Sosiale media soos Facebook en Twitter het saam met die “verligte eeu” in Suid-Afrika gekom, en het oor die land se mense neergesak soos ‘n skielike skenking Beluca-kaviaar vir ‘n kolonie karwagte se aandete. Stadig maar seker het die grensvegters, oorlogshelde, kunstenaars, moordenaars en vryheidsvegters uit hulle doppe gekruip, en geen dorpie was meer sy idioot seker nie.
Geld te make was daar, verseker, en koop- en verkoopblaaie het soos wilde dagga in ‘n goeie somer opgeskiet. Die mooiste foto’s het die lig gesien, en veral op veteraanblaaie het die son fel begin skyn. Papierkoerante se “sosiale blaaie” – joernaliste het beginnne boer daar, en soms het die mees vreemdste stories op hulle papier uitgelek.
Die naarste foto’s het natuurlik ook nie lank gevat om hul verskyning te maak nie, en gou-gou is Google Images gestroop van beelde van bendegeweld in Los Angeles, geweld in Kosovo en Bosnië-Herzegowinia en dergelike plekke, en aan gretige Faceboektrolle opgedis as geweld teen plaasboere in Suid-Afrika.
Dit was ook nie al nie. Foto’s van kinders wat een of ander trauma onder lede gehad het, is gevat en aan ‘n drogdokument vasgeheg en versprei onder die waan dat Faceboek miljoene rande aan die ouers van die kind gaan skenk as hulle iets soos 10 miljoen “likes” kry, en soortgelyke bandwydte-verorberaars.
Die skeppers van daardie moderne vloek van die rekenaareeu, virusse en alle ander soort van boosaardige programmatuur het natuurlik ook gou ingeval, amper soos Nigeriese dwelmsmouse in Hillbrow, en het die soort van goed vasgemaak aan grepies lokmateriaal wat jou belowe dat jy nog nie so iets gesien het soos wat hiérdie meisiekind gedoen het toe haar pa/boyfriend/seun/suster/Maltese poedel die kamer ingekom het nie…..!!!
Jy gaan kliek daarop, want die hel weet, dit meot jy nou sien, en wanneer jy agterkomd aar is niks daar nie, is dit reeds te laat, en het jy dit na elke kontak op jou lys versprei, wat dit weer na elke kontak op hulle lyste gaan versprei, en so loop dit, soos die HIV-virus nie eers kon doen nie….!!
En dan is daar die seuns wat allerhande kentekens en range en die vader weet wat alles, op ebay gaan koop, en dan hulle self optooi in die mees indrukwekkende militêre uniforms, met die mees indrukwekkende stories daarby. Manne wat diep, diep, diep in Angola was, alleen, en het net met ‘n Tannie Esmé-messie gefight sodat die vyand (wat gewoonlik ook vyhand gespel word) hulle nie kan uitloop nie. Bloedvannerwalt.
En dan beginne die manne mekaar se derms uit te ryg. Sulke stringe en stringe, en die veteraanblaaie verander baie vinnig in vegblaaie, waar dit dan blitsig begin klink soos Bingo-aand by ‘n Brakpan-outehuis as die gin en tonic-rantsoen uitgedeel is.
Of die “freedumb faaitahs” wat oor die hele spektrum van die liberale denkwyse spog met hulle “kills” en hoe hulle nog steeds die ennemies of de rewolusjion gaan uitroei … en die ontnugtering, wat gewoonlik soos ‘n emmer koue water neersak, wanneer hierdie sleutelbordsoldate beginne.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version