‘n Dun blou lyn van hier tot aan die einde…

En daar begin dit weer. Dis weer eerlike polisiemanne wat die spit moet afbyt en die lyn vorm tussen ‘n ordelike, menslike maatskappy en ‘n Lord of the Flies-scenario op die strate. Buitelanders voel weereens die vlamme van xenofobie aan hulle agterente hap, en weer moet hulle vlug voor die woede van ‘n redelose, bloedsugtige, …

En daar begin dit weer. Dis weer eerlike polisiemanne wat die spit moet afbyt en die lyn vorm tussen ‘n ordelike, menslike maatskappy en ‘n Lord of the Flies-scenario op die strate.
Buitelanders voel weereens die vlamme van xenofobie aan hulle agterente hap, en weer moet hulle vlug voor die woede van ‘n redelose, bloedsugtige, amorfe massa. Die enigste verskil is, en hierdie keer kan jy die ironie met ‘n stomp byl deurkap, is dit meesal burgers van gewese Frontliniestate wat die spit moet afbyt in die strate van twee van Suid-Afrika se stede, Johannesburg en Durban. So what, wil jy sê, né…?
Op die bladsye van die sosiale media heers ‘n vreetwaansin, en meer as een Suid-Afrikaner is van mening dat hulle moet gaan. Trek.
Boggeroff, hulle pad kry. Die president en meer as een van sy logge, oorvrete, oorbetaalde en onderwerkte kabinet trakteer ons op ‘n geween en gekners van die politieke elité se adelike tande en weet te vertelle dat tydens die “struggle” was al hierdie mense ons broers wat na ons gekyk het.
Twak. Het jy al mooi gekyk na hierdie mense wat die buitelandse winkeliers die vlaktes ingejaag het….??
Dis nie mense met struggle curriculum vitaes nie.
Die meeste van hulle is “born frees” wat nog net van apartheid gehoor het, en wat nou die banke op universiteite op iemand anders se rekening vol sit en agiteer, staak, opstook, betoog en jaag na iets waaroor hulle toilette kan stroop om hulle misnoë met ‘n stelsel te bewys wat nie hulle rekeninge betaal, hulle pense vol kos hou, en kennis in hulle koppe intower nie. Alles gratis, vry en verniet.
Die probleme wat na bewering (en volgens Facebook) begin het toe Jan van Riebeeck die land ingekom het, kán herstel word. Verwyder elke standbeeld, breek elke gebou af, en lig elke straat op.
Maak Eskom toe, maak Telkom toe, en vee elke stad en dorp die see in. Dan het jy weer ‘n braakland met geen steen op elkaar nie, en kan ons terugkeer na die takkrale, riethutte en voetpaadjies van koning Shaka.
Geen probleem. Dis mos wat die meeste wil hê…? Geen selfone, geen elektrisiteit, geen selfone, geen Kentucky Fried Chicken, geen Armani-pakke of Cardin-skoene meer, geen selfone, geen swart Range Rovers, Mercedes-Benze, geen selfone, geen Johnny Walker Black Label….en geen selfone. Lekker. geen munisipale bestuurders meer nie, geen motorbestuurder- of lyfwagjoppies vir die Kroon nie, niks. Net luiperdvelle. As daar nog oor is.
Dink dan so bietjie aan Suid-Afrikaners in Afrika, waar hulle potte vol geld maak. Veral in die telekommunikasiebedryf. Humeure raak warm vir hulle, en meer as een moes al onttrek word omdat plaaslikes begin gatvol raak vir Suid-Afrikaners hier wat dink hulle kan maak wat hulle wil. Suid-Afrikaanse plaasboere wat met groot moeite geherlokeer het na Zambië, die Kongo, en diesmeer. Game, Shoprite, MTN en so aan.
Wanneer gaan julle aan die regering sê, genoeg…..? Wat van as daardie regerings julle kort kennisgewing gee om te pak en te trek..?? Daardie dreigement word al in Malawi gemaak.
En hier plaaslik is dit maar weer net die dun blou lyn wat moet keer dat die waBenzi nie pak kry nie.

Exit mobile version