BlogsDie WoestynrotOpinion

Boereplase en rooi barette, toiletpapier en rooi verf maak alles reg

Ek en die bullie kry vir ou Aap in Coronationpark die ander dag. Die ou is moerse opgewonde. Hy het nou by die EFF aangesluit nadat die munisipaliteit hom geretrench het. Die ou lyk te koddig met die rooi baret op, en die bullie wil hom terstond opvreet. Hy skuif daai alomteenwoordigende Raybans van sy …

Ek en die bullie kry vir ou Aap in Coronationpark die ander dag. Die ou is moerse opgewonde.
Hy het nou by die EFF aangesluit nadat die munisipaliteit hom geretrench het. Die ou lyk te koddig met die rooi baret op, en die bullie wil hom terstond opvreet. Hy skuif daai alomteenwoordigende Raybans van sy ou plat snoet af, en loer wantrouig na my hond.
“Sie, man, vir wat wil die ongedierte my alewig opvreet” snou hy klaerig.
Sy gly egter op ‘n gebruikte kondoom, en byt vir Aap mis. Haar tande klap om ‘n leĂ« Heinekenbottel, en ons gly altwee oor die hoop bierbottels wat daar lĂª.
“Ga, Aap, kon jy nie ‘n beter plek uitgekies het nie,” snou ek nou terug, en vee vieserig oor my voorarms.
Hy snou iets terug, maar die park se klomp boombokse wat weer doef-doedoe-doef musiek agter ons beginne speel, maak dat ek hom nie hoor nie.
Hulle het Aap se geel Harley afgevat, so ons loop nou. Ons gaan staan voor my hek. Aap vertel hoe hulle die EFF-kantore in Willsonstraat rooi geverf het. Selfs die Grootste Veldmaarskalk der Alle Tye, Julius Eiernschnauz Die Eerste, het kom help kwas swaai.
“Ons gaan plase kry,” jubel Aap.
“Hoe nou?” vra ek, ongelowig.
“Yep, die generaal het gesĂª hy gaan al sy stormtroepe volgende keer saambring, en dan gaan ons plase afvat by witboere wat dit by ons voorvaders gesteel het,” verklaar Aap plegtig.
“Gmpf,” brom ek. “Geen wonder die bullie wil jou altyd byt nie, Aap,” raas ek. “Glo jy regtig die twak..?”
Aap beduie, maar ek hoor hom nie meer nie. Ek sien ‘n plaashuis, en so, miskien vyftig…? (indien soveel) rooibarette wat sing en dans en beduie. Hulle kom stap baie belangrik op die huis af, end ring aan dat die hek oopgemaak word. Een skiet ‘n gat met ‘n Tokarev in die voordeur, en dan bars al die hel los. Skielik storm drie moerse Rotweilers oor die grasperk, en dan val die eerste traangasgranaat tussen die “stormtroepe.”
Skote knal, skerppuntskoene trek die lug vol, honde byt, Blackberries beep dat dit ‘n naarheid is, en rooi berette hang die bome vol, die drade, graspolle en swart Jeep Cherokees en Mercedes Benze trek in die vlak voor die pad weg dat die stof staan.
“Hey…!!!” gil iemand, en my visioen spat aan skerwe. Aap hang aan die eerste tak van die jakaranda wat hy kon beetkry, met die bullie wat aan sy broek se sitvlak hang.
Ek kyk verbaas na die spektakel. Die bullie het in die rooi baret geskyt, en het Aap in die boom opgejaag. Ek trek haar af, en gaan bĂªre haar agter die swart traliehek. Ek gaan help Aap uit die boom uit, skud die hondekuttel uit sy hooftooisel uit, en help hom saggies na die hek. Jip, hy stink alweer.
“Aap…?” sĂª ek. Hy loop staan.
“Moet tog nie aan so ‘n plaasafvattery gaan deelneem nie. Nie in hierdie geweste nie. Ons sal nooit weer al die skytsel opgevee kry nie,” sĂª ek, en gaan gee vir die bullie ‘n dop.

Related Articles

Back to top button