Wanneer jou dag onner jou gat uitglip, en jou buurman se boom in die swembad val…

Het jy al een van daardie regtige mislike, goor dae gehad, waar alles net soomloos verkeerde kant toe donner…??? Soos as jy die oggend uit die stort klim, en dis nog half donker ook, en dan kom jy agter jy het jou vrou se tandeborsel gebruik…? En dan kom sy dit nog agter ook…?Okay… dis …

Het jy al een van daardie regtige mislike, goor dae gehad, waar alles net soomloos verkeerde kant toe donner…??? Soos as jy die oggend uit die stort klim, en dis nog half donker ook, en dan kom jy agter jy het jou vrou se tandeborsel gebruik…? En dan kom sy dit nog agter ook…?
Okay… dis ‘n vulletjie, ons kan aangaan. 
Dan kom jy in die kombuis, en grawe in die yskas vir die hawermoutpap, nie omdat jy daarvan hou, maar omdat ‘n dokter gesê het jy SAL nou daarvan begin hou. Eet dit elke oggend – ek bedoel, wie wil dan nou twee saggebakte eiers en roosterbrood hê, met vier stukke spek, wat in ‘n soet chillisousie gebraai is, met twee groot skeppe gebraaide uie en sampioene hê…?!
Nee, nee… ons eet oatspap. Jippie. En dit net omdat my bloeddruk deur ‘n siel in die Pick ‘n Pay-winkelsentrum gemeet is toe hulle die masjien daar demonstreer…??? En ek stupid genoeg was om dit vir ‘n dokter te sê.
Raait… daar kook die oatspap in die microwave oor dat die sous trek. Lekker. 
Dan hoor ek vroulief ‘n groot woord sê in die studio. Ek storm uit om te keer dat sy nie iets stukkend gooi nie, soos byvoorbeeld die telefoon, waarmee sy op daardie stadium besig was om een of ander skepsel se fortuin vir hom te vertel.
Daardie groot screentafel wat ons gebou het, moet nou seëlaar oor kry, en dan moet daardie blad tacky gesmeer word. Nou, die tacky is daardie gommetjie wat jy op die screentafel gebruik om te keer dat jou lap nie skuif nie. Nou vertel die verskaffer in Pinetown ons dat die tacky ‘af’ is, en hulle nie meer kan verskaf nie. En dit op daardie moment wat die koerier voor hulle deur staan. Hoera.
Hoe gaan tacky ‘af’…?
Nouja… daar gaat ons. Na ‘n helse geskarrel om nuwe tacky te kry in Durban, kan ons gelukkig die koerier herroeteer, en die mense bedaar.
Die buurman moet boomtakke afsny, en die cowboys wat dit doen laat moerse stompe oral val. Daardie ventjie met die kragsaag in die boom, wat so aan ‘n aardse genadetjie gehang het, sal darem enige veiligheidsbeampte se droom wees.
Dan kry ek my cholesteroltoetse se uitslag terug, en vergeet terstond dat ek moet gaan fotos neem by een of ander opening. Okay, fine, nou gaan ons brokkoli en visvingers eet vir ses maande, en die saak is reg, of hoe…?
Buite breek die kar se sleutel af, en ek onthou dat al my staal nog nie afgelewer is nie. Die Pratley Steel wat ek in daardie stukkende skroefies van die deurslot by die kantoor moet gaan inskry, maak baie moeiliker aan as wat enigeen my gesê het, en ek keer die potjie swart verf op my werkstafel om toe een van Ethangeni-skool se klein hooligans weer op my interkom in die straat tamboer speel.
Die MEC vir Toerisme laat blyk dat sy 10% toerismeheffing, wat nie een enkele produkeienaar in hierdie industrie mee saamgestem het nie, nou ‘n voldonge feit is, en in Gauteng betaal meer as ‘n miljoen motoriste glad nie hulle e-tolheffings nie. Ek wonder wat is fout met hierdie prentjie…?!

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version