Pionier-krieket gaan van krag tot krag

Hoërskool Pionier is supertrots op hierdie twee uitstekende krieketspanne

KRIEKET

Op Saterdag, 5 Oktober, het Pionier se eerste krieketspan teen Hoërskool Newcastle in Newcastle kragte gemeet. Newcastle het die loot gewen en besluit om eerste te kolf. Pionier het met uitmuntende boulwerk die lopies tot 72 lopies vir almal uit beperk. Die beste bouler was Samuele Steyn, wat vyf paaltjies vir slegs 16 lopies geneem het. Daarna het Pionier gekolf. Janko Hatting en Joshua Buijs het met fantastiese kolfwerk die telling, na slegs 10 beurte nie uit nie, verbygesteek. Pionier het dus die wedstryd met 10 paaltjies gewen. Die beste kolwer was Janko Hatting, wat 52 lopies behaal het.

Op Saterdag, 5 Oktober, het Pionier se o.15-krieketspan teen Hoërskool Pionier se o.15-krieketspan by Pionier gespeel. Pionier het die loot gewen en eerste gekolf. Pionier het 232 lopies vir die verlies van drie paaltjies in 30 beurte behaal. Pionier se beste kolwers was Henk Booysen (104 nie uit nie) en FC Chamberlain (67). Newcastle het tweede gekolf en is tot 100 lopies vir die verlies van 10 paaltjies in 19 beurte beperk. Pionier se beste boulers was Devin Wessels (92 paaltjies vir 14 lopies), Henk Booysen (een paaltjie vir ses lopies), Nash Olivier (drie paaltjies vir vyf lopies) en Reinhard Meyer (twee paaltjies vir nege lopies).

Hoërskool Pionier is supertrots op hierdie twee uitstekende krieketspanne.

Baie dankie aan al die borge wat tot die Gholfdag bygedra het. Hoërskool Pionier waardeer dit opreg.

OP DIE KALENDER – 10 Oktober: Sport- en Kultuurtoekenningsaand.

ALSO READ: Pionier-skuts presteer

The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version