Matrikulante skitter onder die sterre

Baie geluk matrikulante en sterkte met die eindeksamen!

Die koue het nader gekruip maar die matrikulante van Hoërskool Pionier het braaf met hul spoggerige uitrustings in blink motors by hul matriekafskeid opgedaag. Die atmosfeer was gevul met opwinding tydens dié jaarlikse uithang geleentheid. Die tema was ‘Onder die sterre’ en die leerders het letterlik onder die sterre gedans en fees gevier op die rugbyveld in ‘n ‘marquees-tent’. Die organiseerders van die geleentheid het hulself oortref met‘n onverwagse kinkel-in-die-kabel toe die matrikulante rondom die rugbyveld kon ry in gholfkarretjies, outydse motors en selfs ‘n afdak motor of twee… Dit was ‘n verfrissende verandering in vergelyking met die vorige jare se geleenthede. Baie geluk matrikulante en sterkte met die eindeksamen!

Fotokrediet gaan aan Charlené Rabe terwyl die Vryheid Herald die geleentheid lewendig op Facebook uitgesaai het.

ALSO READ: Pioniers sien uit na ‘n welverdiende vakansie

The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version