SchoolsVryheid Herald

Pioniers sien uit na ‘n welverdiende vakansie

Baie geluk aan ons dogters wat na die naelbytfinaal teen Hoërskool Vryheid die toernooibeker gewen het

NETBAL
Pionier se netbaldogters het op Saterdag, 14 September, aan die Spar KZN Fast 5-skolenetbaltoernooi te Hoërskool Dundee deelgeneem.

Hulle het Hoërskool Newcastle 10-5 gewen, gelykop (10-10) teen Hoërskool Vryheid gespeel, Sarel Cilliers 14-7 gewen en ook teen Hoërskool Amajuba 20-7 gewen.

In die semifinaal het hulle Hoërskool Dundee 16-8 gewen en in die finaal Hoërskool Vryheid 14-9 gewen.

Baie geluk aan ons dogters wat na die naelbytfinaal teen Hoërskool Vryheid die toernooibeker gewen het. Pionier is supertrots op julle!

EERSTE KRIEKETSPAN
Op Donderdag, 12 September, het Pionier se eerste krieketspan teen Hoërskool Vryheid by VHS se krieketveld kragte gemeet. Pionier het die loot gewen en besluit om eerste te kolf. Pionier het die wedstryd met 49 lopies gewen. Sien Pionier se Facebookblad vir die volledige uitslae.

Op Saterdag, 14 September, meet hul kragte op Dundee teen Hoërskool Dundee. Nadat Pionier die loot gewen het, het hulle besluit om eerste te kolf. Hoërskool Dundee het die wedstryd met vier paaltjies gewen. Sien Pionier se Facebookblad vir die volledige uitslae.

O.15-KRIEKETSPAN
Op Saterdag, 14 September, het Pionier se o.15-seunskrieketspan teen Hoërskool Dundee se o.15-span gespeel. Dundee het die loot gewen en eerste gekolf. Pionier wen met drie paaltjies. Sien Pionier se Facebookblad vir die volledige uitslae.

7’S-RUGBY
Pionier se o.15- en o.16- 7’s-spanne het 13 – 14 September aan die Hoërskool Vryheid 7’s-toernooi deelgeneem. Pionier se rugbyseuns het die toernooi baie geniet en waardevolle ervaring opgedoen. Die o.17-span het in die semifinaal van die toernooi teen Sarel Cilliers uitgeval, terwyl die o.15-span in die Bowl-finaal teen Vryheid Landbou verloor het. Pionier het ook B-spanne in die onderskeie ouderdomme vir die toernooi ingeskryf en dit het vir baie vermaak gesorg. Sien Pionier se Facebookblad vir die volledige uitslae.

KLEURFEES
Op Dinsdag, 10 September, het die 2025-leerlingbestuur ‘n uitstekende Kleurfees aangebied. Ten spyte van die koue het die leerders dit baie geniet om mekaar met verskillende kleure te gooi en unieke foto’s te neem. Sien Pionier se Facebook-blad vir hierdie oulike foto’s.

ALSO READ: ‘n Gesonde liggaam huisves ‘n gesonde gees by Pionier

The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.

You can read the full story on our App. Download it here.

Carlien Grobler

Journalist (Freelance) for Vryheid Herald

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button