SchoolsVryheid Herald

ATKV-Damestee ‘n heerlike Lentefees

Die gaste kon ook deur die oggend na die skilders se skilderye gaan kyk en hierdie vroue se Godgegewe talente bewonder

Pionier se ATKV-jeugtak, Hupstoot, en die ATKV se volwasse tak in Vryheid het op Saterdag, 7 September, ‘n heerlike damestee aangebied. Die tema was lente, maar ook hoe God vrouens en dogters met kreatiwiteit geseën het.

Baie dankie aan die seremoniemeester, Wilana Claassen, wat die dames van die belangrikheid van name vertel het en dit aan belangrike vrouename in die Bybel verbind het. Dit was regtig insiggewend. Chantelle Els het oor haar kreatiwiteit met fotografie, grimering en naelkuns gepraat en een van die dames met ‘n gratis grimeringles bederf. Daarna het Marie Fourie oor haar groep skilders gepraat en die goue lyn van kreatiwiteit in vrouens nog verder verleng. Die gaste kon ook deur die oggend na die skilders se skilderye gaan kyk en hierdie vroue se Godgegewe talente bewonder. Zelda Fourie het die gaste van haar projekte by “Ons Winkel” vertel en die gaste geïnspireer om saam met Zelda ons hande na minder bevoorregtes uit te reik. Yvette Greeff het ons tussen die sprekers se optredes met haar wonderlike sangtalent bederf. Wilana het ook geskenke aan vrouens, wat n plakkertjie onder hulle stoele gehad het, uitgedeel. Pionier wil graag al die donateurs hartlik bedank vir hul onbaatsugtige bydraes.

Die ATKV-jeugtak en die volwasse tak het saam met ma’s, oumas en vriendinne die tafels pragtig versier en almal kon Saterdag die gasvroue se heerlike verversings geniet.

Hierdie was ‘n wonderlike geleentheid en ons hoop dat dit ‘n jaarlikse instelling sal word.

KRIEKET

Op Donderdag, 5 September, het Pionier se o.15-krieketseuns teen Hoërskool Vryheid deelgeneem.

Pionier het die loot gewen en eerste gekolf. Die Pionier-span het baie goed gespeel en 198 lopies vir die verlies van vier paaltjies behaal. Die beste Pionier-kolwers was Dylan Wessels (102 lopies, nie uit nie) en FC Chamberlain (22 lopies, nie uit nie).

Pionier het tweede geboul. VHS word tot 162 lopies vir die verlies van ses paaltjies beperk. Die beste Pionier-boulers was Tinus Lindeque (een paaltjie vir drie lopies) en Juandré Joubert (twee paaltjies vir 17 lopies).

Pionier is baie trots op die o.15-seunskrieketspan wat met 36 lopies gewen het.

TENNIS

Pionier is baie trots op FC Chamberlain en Reinhard Meyer wat op Saterdag, 7 September, by St. Dominics, te Newcastle, vir die NKZN-tennisspan gekies is.

ALSO READ: ‘n Gesonde liggaam huisves ‘n gesonde gees by Pionier

The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.

 

Carlien Grobler

Journalist (Freelance) for Vryheid Herald

Related Articles

Back to top button