‘n Gesonde liggaam huisves ‘n gesonde gees by Pionier

Pionier het die toernooi baie geniet en het waardevolle ervaring opgedoen

EERSTESPAN-KRIEKET

Op Woensdag, 28 Augustus, het Hoërskool Pionier en Hoërskool Ferrum kragte op die krieketveld by Hoërskool Ferrum gemeet. Ferrum het die wedstryd met 66 lopies gewen. Volledige uitslae is op Hoërskool Pionier se Facebookblad beskikbaar.

O.15-KRIEKET

Op Dinsdag, 27 Augustus, het Pionier se o.15-krieketspan teen Hoërskool Ladysmith se o.15-krieketspan gespeel. Pionier se o.15-krieketspan het die wedstryd met vyf paaltjies gewen. Volledige uitslae is op Hoërskool Pionier se Facebookblad beskikbaar.

Op Woensdag, 28 Augustus, het Hoërskool Pionier se o.15-krieketspan teen Hoërskool Ferrum se o.15-span gespeel. Hierdie kookwaterspan het die wedstryd met vyf paaltjies gewen. Volledige uitslae is op Hoërskool Pionier se Facebookblad beskikbaar.

NETBAL

Op 31 Augustus het Hoërskool Pionier se o.15- en o.17-Fast Five-netbalspanne aan Hoërskool Ferrum se “André Fourie Sporttoernooi” deelgeneem.

Die o.15-span se eerste wedstryd was teen Hoërskool Newcastle en Pionier het die wedstryd 10-11 verloor. Leandri Grobler is as speler van die wedstryd aangewys. Daarna het die span teen Hoërskool Ferrum gespeel en 11-13 verloor. Die laaste wedstryd was teen Sarel Cilliers, Pionier het 14-6 gewen en Leandri Grobler is weer as speler van die wedstryd aangewys.

Pionier se senior (o/17) Fast 5-netbalspan se eerste wedstryd van die dag was teen Hoërskool Newcastle en Pionier het die wedstryd 15-7 gewen. Nathasha du Toit is as speler van die wedstryd aangewys. Pionier het in die toernooifinaal weer teen Ferrum gespeel en in ’n naelbytwedstryd het Ferrum in die doodsnikke ’n tweepuntdoel aangeteken en die wedstryd 9-7 gewen. Volledige uitslae is op Hoërskool Pionier se Facebookblad beskikbaar.

Baie geluk aan al die netbalspelers. Die spanne het waardevolle lesse geleer wat hulle in die volgende toernooi sal toepas.

HOKKIE

Op Saterdag, 31 Augustus 2024, het die senior- en junior 7’s-hokkiespan aan Hoërskool Ferrum se André Fourie 7’s-toernooi deelgeneem. Die juniorspan het in totaal vier wedstryde gespeel en het dit ongelukkig nie na die semi-finaal gemaak nie. Volledige uitslae is op Hoërskool Pionier se Facebookblad beskikbaar.

Die seniorspan het vierde in die toernooi geëindig! Baie geluk, dogters! Pionier is trots op julle! Volledige uitslae is op Hoërskool Pionier se Facebookblad beskikbaar.

TENNIS

Pionier se tennisspan het op 31 Augustus teen St Dominics en Sarel Cilliers te St. Dominics meegeding. Volledige uitslae is op Hoërskool Pionier se Facebookblad beskikbaar.

7’S-RUGBYSPANNE

Pionier se o.15- en o.16- 7’s-spanne het Vrydag, 30 Augustus, en Saterdag, 31 Augustus, aan Ferrum se 7’s-toernooi deelgeneem. Pionier het die toernooi baie geniet en het waardevolle ervaring opgedoen. Die o.17-span het in die kwartfinaal van die toernooi teen Sarel Legends uitgeval, terwyl die o.15-span in die finaal teen Hoërskool Vryheid verloor het en tweede geëindig het. Volledige uitslae is op Hoërskool Pionier se Facebookblad beskikbaar.

ALSO READ: Pionier-skyfskiet is tops in KZN

The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.

Exit mobile version