Pionier-skyfskiet is tops in KZN

Nash Olivier is tydens hierdie medaljetoekennings as die beste Veerklas-skut in Suid-Afrika aangewys

Op 23 tot 24 Augustus het Pionier se skyfskietspan aan die interskole-kompetisie in Pietermaritzburg deelgeneem en alle stoutste verwagtinge oortref.

Voor die begin van die kompetisie is die liga 5-medaljes uitgedeel. Hiermee die uitslae:

Persoonlike beste punte verbeter: Emily Timms, Matthew Bothma, MJ Grobbelaar, Zandré Richards, Isabel Willemse, Carmen Stuart en Wileze Scheepers.

Top drie tydens liga 5:

O.21-Sporterklas:
· Goud: Wileze Scheepers.

o.16-Sporterklas:
· Goud: Niquita Steyn.

o.16-Veerklas:

· Goud: Lizaan Jansen.

o.14-Sporterklas:
· Silwer: Zandré Richards.

o.14-Veerklas:
· Brons: Isabel Willemse.

· Silwer: MJ. Grobbelaar.
· Goud: Nash Olivier.

Nash Olivier is tydens hierdie medaljetoekennings as die beste Veerklas-skut in Suid-Afrika aangewys. Wat hierdie prestasie nog meer spesiaal maak, is die feit dat hy dit as ‘n o.14-skut verwerf het. Nash het hiermee ook sy balkie as nuwe lid van die “Gold Club” ontvang.

By die deftige dinee Saterdagaand, 24 Augustus, het die Pionier-skuts verskeie medaljes en trofeë ontvang. Die volledige verslag is op Hoërskool Pionier se Facebookblad beskikbaar.

Pionier is baie trots op al die Pionier-skuts en veral op die volgende skuts wat hul KZN-kleure verwerf het: Wileze Scheepers, Carmen Stuart, Frans Saaijman, Lizaan Jansen, Mia Myburgh, Lesaydi de Wet, Niquita Steyn, Nash Olivier en MJ Grobbelaar.

7’s-RUGBY.

Pionier het hul jaarlikse 7’s-toernooi op 16 tot 17 Augustus aangebied. Pionier se o.17-span het in die semifinaal teen Hoërskool Landbou uitgeval. Hoërskool sarel Cilliers het die o.17-afdeling van die toernooi gewen. Pionier se o.15-span het na die finaal teen Hoërskool Marais Viljoen deurgedring en in ekstra tyd verloor. Hoërskool Marais Viljoen het dus die o.15-afdeling gewen.

Pionier se o.15- en o.17-spanne het op 23 tot 24 Augustus aan DHS se 7’s-toernooi deelgeneem. Pionier het die toernooi baie geniet en het waardevolle ervaring opgedoen. Die o.17-span het 10de uit 16 skole geëindig en die o.15-span het 8ste van 12 skole geëindig.

EERSTESPAN-DOGTERSKRIEKET

Pionier se eerstespan-dogterskrieket het Donderdag, 22 Augustus, op Hoërskool Vryheid se veld teen Hoërskool Vryheid gespeel. Die volledige verslag is op Hoërskool Pionier se Facebookblad beskikbaar.

Pionier wen die wedstryd met nege paaltjies. Uitstekend, Pionier is baie trots op julle dogters!

EERSTESPAN-SEUNSKRIEKET

Op Saterdag, 24 Augustus, het Pionier se eerste krieketspan teen Hoërskool Ladysmith op Ladysmith gespeel. Die volledige verslag is op Hoërskool Pionier se Facebookblad beskikbaar.

TENNIS

Pionier se tennisspan het Saterdag, 16 Augustus, tuis teen Hoërskool Newcastle en Hoërskool Dundee gespeel. Daar was ‘n lekker gees as gevolg van die 7’s-rugby wat klipgooiver te hore was. Die uitslae is op Hoërskool Pionier se Facebookblad beskikbaar.

Pionier se tennisspan het op 24 Augustus by Hoërskool Vryheid gaan tennis speel. Die uitslae is op Hoërskool Pionier se Facebookblad beskikbaar.

ALSO READ: Pionier se krieket is tops

The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.

Exit mobile version