Pionier se krieket is tops

Pionier se eerstespan-dogterskrieket het Donderdag op Pionier se krieketveld teen Hoërskool Sarel Cilliers gespeel

Op 9 Augustus het Pionier se eerstespan-seunskrieket teen Hoërskool Sarel Cilliers krieket gespeel.
Sarel Cilliers het die loting gewen en besluit om eerste te boul. Pionier het 204 lopies in 20 boulbeurte, met die verlies van nege paaltjies, behaal. Daarna het Sarel Cilliers 157 in 20 beurte , vir die verlies van ses paaltjies, behaal. Pionier het die wedstryd met 47 lopies gewen. Die beste kolwer was Joshua Buijs, met 45 lopies van 24 balle. Die beste bouler is ook Joshua Buijs, wat twee paaltjies vir slegs 16 lopies gevat het.

EERSTESPAN-DOGTERSKRIEKET

Pionier se eerstespan-dogterskrieket het Donderdag op Pionier se krieketveld teen Hoërskool Sarel Cilliers gespeel.
Pionier het die loot gewen en besluit om eerste te kolf. Pionier se dogters het baie goed gekolf en teken 180 lopies vir die verlies van een paaltjie in 15 boulbeurte aan.

Kolwers:

Xiah Labuschagne – 97 lopies van 58 balle;

Micke de Jager – 42 lopies van 26 balle.

Daarna was dit Pionier se beurt om te boul. Sarel Cilliers is tot 63 lopies in 12 boulbeurte beperk.

Boulers:

Micke de Jager – vier paaltjies vir 11 lopies;

Cherize Combrinck – drie paaltjies vir 14 lopies.

Pionier het die wedstryd met 117 lopies gewen.

Hoërskool Pionier is baie trots op die krieketspelers.

OP DIE KALENDER

• Skyfskiet-interskole: 23-24 Augustus te Pietermaritzburg.

ALSO READ: Hoërskool Pionier leer elke dag iets nuuts

The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.

Exit mobile version