SchoolsVryheid Herald

Hoërskool Pionier leer elke dag iets nuuts

Mia Coetzee het die ATKV-jeugtak, Hupstoot, verteenwoordig toe sy op 8 Julie die ATKV se virtuele vergadering bygewoon het

INTERESSANTE BESOEK AAN PRINCESS MKABAYI-INKOPIESENTRUM

Op Woensdag, 7 Augustus, het Mev Vermaak en 30 leerders die voorreg gehad om die nuwe inkopiesentrum te besoek. Die inkopiesentrum sal eers 31 Oktober open, maar te danke aan Mnr Herman Stassen (siviele ingenieur betrokke by die beplanning en bou van die projek) kon ons uitvind hoe daar al sewe jaar gelede eers navorsing oor die haalbaarheid van hierdie enorme projek gedoen is voordat die argitekte, ingenieurs, binnenshuise-versierders, elektrisiëns, bouers en vele ander mense met die projek kon begin. Die leerders het verstom geluister en vrae gevra. Baie dankie aan ons hoof, Mnr Muller, vir hierdie wonderlike leersame geleentheid.

MIA COETZEE SE ATKV-VIRTUELE VERGADERING EN KULTUURKUIER

Mia Coetzee het die ATKV-jeugtak, Hupstoot, verteenwoordig toe sy op 8 Julie die ATKV se virtuele vergadering bygewoon het. Mia het by Dr Marlien van Niekerk geleer dat Afrikaans ons land bymekaar hou. Sonel Brits het gesê ons moet aan ankers vashou om vorentoe te beweeg. Ons moet soos versamelvoëls saamwerk en ons land beter maak. Suid-Afrika moet hulle diversiteit vorentoe dra. ‘n Probleem gedeel is ‘n probleem opgelos.

Die ATKV-kultuurkuier, vanaf 9-11 Julie by ATKV-Buffelspoort, het vir nog meer pret en leergeleenthede gesorg.

Die kampgangers het die volgende geleer:

• Jy moet leer sodat jy eendag ‘n werk kan kry, want die lewe staan nie stil nie. Ons land se grootste probleem is werkloosheid.

• Sukses gaan oor jou keuses.

• Verandering speel altyd ‘n groot rol in jou lewe. Hoe jy dit hanteer, is die manier hoe jy aan die ander kant uitkom;

• Jy moet die verskil wees. Dis goed wanneer dit moeilik gaan, want jy kan nie die somer waardeer as jy nog nie winter gehad het nie.

• Ons besef ‘n leeskrisis: 80% van ons land se gr.4’s kan nie met begrip lees nie. Ouers moet reeds voor Graad 1 vir hul kinders voorlees. Lees skep kreatiwiteit, luistervaardighede, empatie en hul aandagspan vergroot. Die beste oplossing is dat daar geen skerms in kinders se kamers moet wees nie, TV-kyktyd moet beperk word en ouers moet saam met hul kinders na die TV-programme kyk om daaroor te gesels of selfs die TV afskakel indien dit nie by goeie waardes pas nie.

• Nog ‘n probleem is die gebrek aan slaap by kinders. Dit veroorsaak gesondheidsprobleme, obesiteit en depressie by kinders.

EERSTESPAN-DOGTERSKRIEKET

Pionier se eerstespan-dogterskrieket het Dinsdag, 6 Augustus, op Hoërskool Ferrum se krieketveld teen Hoërskool Ferrum gespeel.

Pionier het die loot gewen en besluit om eerste te boul.

Ferrum teken 84 lopies vir vier paaltjies in 15 beurte aan. Die beste boulers vir Pionier was Mekayla Jordan, wat twee paaltjies vir 18 lopies geneem het, en Leandri Grobler, wat een paaltjie vir net vyf lopies geneem het.

Daarna was dit Pionier se beurt om te kolf.

Pionier teken 85 lopies vir drie paaltjies in 15 beurte aan. Die beste kolwer was Leandri Grobler, wat 52 lopies van 40 balle geslaan het.

Pionier wen die wedstryd met sewe paaltjies.

Veels geluk, dogters. Pionier is baie trots op julle.

ALSO READ: Pionier geniet kookwaterkrieket

The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button