SchoolsVryheid Herald

Pionier geniet kookwaterkrieket

St Dominics het met vier lopies in ‘n baie spannende wedstryd gewen

EERSTESPAN DOGTERSKRIEKET

Pionier se eerstespan dogterskrieket het op Woensdag, 31 Julie 2024, teen St Dominics te Newcastle gespeel.

St Dominics het die loot gewen en besluit om eerste te kolf. St Dominics het 46 lopies vir twee paaltjies in 15 beurte aangeteken.

Die beste bouler vir Pionier was Micke de Jager, wat een paaljie vir net agt lopies in drie boulbeurte geneem het.

Daarna was dit Pionier se beurt om te kolf. Pionier het 47 lopies in vyf beurte aangeteken.

Die beste kolwer was Leandri Grobler, wat 21 lopies van 16 balle geslaan het.

Pionier het die wedstryd met 10 paaltjies gewen.

O.15-SEUNS-KRIEKETSPAN

Pionier se o.15-krieketspan het op Saterdag, 3 Augustus, teen St. Dominics, te Newcastle, gespeel.

St Dominics het die loot gewen en eerste gekolf. Die Pionier-seuns het baie goed geboul en St Dominics is almal in die 14de beurt vir ’n totaal van 73 lopies uitgeboul. Die boulers se syfers is as volg: Henk Booysen vier paaltjies vir 28 lopies en Nash Olivier drie paaltjies vir nege lopies.

Pionier kolf tweede. Die laaste kolwer is in die 22ste beurt uitgeboul. Pionier is tot 69 lopies beperk. Henk Booysen het 20 lopies gemoker en Tian Meyer 11 lopies.

St Dominics het met vier lopies in ‘n baie spannende wedstryd gewen.

ALSO READ: Pioniers is dankbaar en geseënd

The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.

Related Articles

Back to top button