Pioniers is dankbaar en geseënd

Almal het uit die aard van die saak die Here se Naam geloof en prys

PVC-KAMP

Pionier het die naweek van 19-21 Julie, o.l.v. mej. Yvette Greeff en met die hulp van ‘n bedieningspan van Heal the Land Ministries, ‘n baie suksesvolle Pioniers vir Christuskamp te Goedgeloof-plaas by Bloedrivierpoort aangebied.

Almal het uit die aard van die saak die Here se Naam geloof en prys. 39 leerlinge het hul naweek afgestaan vir tyd saam met hul Skepper.

“Dit was baie pret. Ons het geleer hoe om deel van ‘n peleton te wees. Die nuwe generasie wou natuurlik weet hoekom, waarop die antwoord was dat daar orde in God se Koninkryk is en dat ons moet leer om na opdragte te luister en dat nie almal op een slag noodwendig leiding kan neem nie, want dit kan lei tot moontlike chaos.” Hulle het die aktiwiteit so geniet dat hulle gevra het of ons dit op die volgende kamp weer kan doen.

Hulle het skattejag gehou, malvalekkers gebraai, lekker geëet, nuwe maats gemaak en geleer wat dit is om Oorwinaars in Christus te wees en vas te staan op Sy Woord.

DOGTERSKRIEKET

Pionier se eerstespan-dogterskrieket het Donderdag, 25 Julie, op Pionier se krieketveld teen Hoërskool Newcastle gespeel.

Pionier het die loot gewen en besluit om eerste te boul. Newcastle teken 67 lopies aan vir ses paaltjies in 15 beurte. Die beste bouler vir Pionier was Micke de Jager, wat drie paaljies vir net sewe lopies geneem het.

Daarna was dit Pionier se beurt om te kolf. Pionier teken 68 lopies vir een paaltjie in agt beurte aan. Die beste kolwer was Zelma Böhmer, wat 26 lopies van 28 balle geslaan het.

Pionier wen die wedstryd met nege paaltjies.

NKZN Super 8-kriekettoernooi

Pionier het op 27 Julie die NKZN Super 8-kriekettoernooi aangebied.

Ons eerste dogters-krieketspan het ook in die toernooi deelgeneem en baie goed presteer.

Die volgende skole het deelgeneem: Hoërskool Pionier, Hoërskool Ferrum, Hoërskool Vryheid, Hoërskool Newcastle en Hoërskool Sarel Cilliers.

Ons dogters het drie wedstryde gespeel waarvan ons al drie gewen het. Die uitslae is as volg:

· Eerste wedstryd teen Hoërskool Newcastle: Pionier wen met 6 paaltjies

· Tweede wedstryd teen Hoërskool Vryheid: Pionier wen met 43 lopies

· Derde wedstryd teen Hoërskool Ferrum: Pionier wen met 4 paaltjies

Hoërskool Pionier se dogterskrieketpan word as algehele wenners van die toernooi aangekondig.

TENNIS

Die tennisspan het op 27 Julie tennis teen Hoërskool Ladysmith gespeel.

Die Pioniers het soos oudergewoonte vinnig by die ander tennisspelers ingeskakel. Die wedstryde is in goeie gees teen goeie, sterk kompetisie afgehandel en die Pioniers het gesien ons kort nog so ‘n klein bietjie werk, maar het dit in elk geval geniet.

Hoërskool Pionier vs. Hoërskool Ferrum:

Enkels

Reinhard Meyer verloor 1 – 6, Shaun Wallace verloor 0 – 6, FC Chamberlin verloor 3 – 6,

Kian Davel wen 6 – 4 en Clarissa Viviers verloor 0 – 6.

Dubbels

Reinhard en Clarissa verloor 6 – 2, FC en Kian verloor 2 – 6 en Shaun en (hulp) verloor 3 – 6.

Hoërskool Pionier vs Hoërskool Ladysmith:

Enkels

Reinhard Meyer wen 6 – 0, Shaun Wallace wen 6 – 1, FC Chamberlin verloor 4 -6, Kian Davel wen 6 -1 en Clarissa Viviers verloor 5 – 6.

Dubbels

Reinhard en Clarissa wen 7 – 5, FC en Kian verloor 1- 6 en Shaun en (hulp) wen 6 – 5.

SKYFSKIET

Die Pionier-skuts het Saterdag, 27 Julie, aan die liga 5-skyfskietkompetisie te Durban deelgeneem. Die uitslae is as volg:

o.21-Sporterklas

· Eerste: Wileze Scheepers;

· Vierde: Carmen Stuart.

o.16-Sporterklas

· Eerste: Niquita Steyn;

· Negende: Mia Myburgh;

· Tiende: Juan Cilliers.

o.16-Veerklas

· Eerste: Lizaan Jansen;

· Elfde: Mathew Bothma.

o.14-Sporterklas

· Tweede: Zandré Richards.

o.14-Veerklas

· Eerste: Nash Olivier;

· Tweede: Maarten Grobbelaar;

· Derde: Isabel Willemse;

· Vierde: Emily Timms;

· Sewende: Retief Nel;

· Agtste: Suzaan Reinecke;

· Negende: André Barnard;

· Tiende: Xander van Rooyen.

Tydens die opening is die volgende medaljes vir liga 4 oorhandig:

Verbetering van persoonlike beste punte: Arno Warmenhoven, Isabel Willemse, Frans Saaijman, Zandré Richards, Lesaydi de Wet en Nash Olivier.

Medaljes vir die top uitslae:

· Wileze Scheepers: goud vir o.21-Sporterklas;

· Mia Myburgh: brons vir o.16-Sporterklas;

· Frans Saaijman: goud vir o.16-Veerklas;

· Nash Olivier: goud vir o.14-Veerklas;

· Maarten Grobbelaar: silwer vir o.14-Veerklas;

· Isabel Willemse: brons vir o.14-Veerklas;

· Zandré Richards: silwer vir o.14-Sporterklas.

Pionier is baie trots op al die leerders wat op verskeie gebiede wenners is. Ons is voorwaar geseënd.

ALSO READ: Pionier is trots op die rugby- en tennisspelers

The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.

Exit mobile version