Pionier is trots op die rugby- en tennisspelers

Die o.17-span het van die begin af absoluut hul wedstryde oorheers

7’S-RUGBY

Pionier is baie trots op die 7’s-rugbyspanne wat Saterdag, 20 Julie 2024, kookwaterrugby by die Richardsbaai 7’s-toernooi gespeel het.

Die uitslae is as volg:
Die o.17-span het van die begin af absoluut hul wedstryde oorheers. Pionier wen Curro Salt Rock 10-0, wen John Ross College 15-5 en wen Hoërskool Vryheid 17-14.

In die finaal wen Pionier vir Felixton College 35-0. Hulle wen die finaal, eindig dus eerste en wen die toernooi. Uitstekend!

Die o.15-span wen Curro Salt Rock 17-0, verloor 0-5 teen John Ross College en wen Felixton College 24-12. In die Bowl-finaal speel Pionier teen Hoërskool Richardsbaai en wen 19-5. Die o.15-span eindig algeheel vyfde.

TENNIS

Die tennisspelers het Saterdag, 2 Julie 2024, aan ‘n tennistoernooi by St. Dominics te Newcastle deelgeneem.
Dit was n heerlike dag en die spelers het hulle beste gegee. Hulle is in twee gemengde spanne asook ‘n seun- en dogterenkelsspan verdeel. Hulle het elkeen ‘n geleentheid gekry om enkels en gemengde dubbels te speel. Al die wedstryde het in goeie gees plaasgevind.

Die uitslae is as volg:
Enkels:

· Reinhard Meyer verloor 0 – 6 teen ‘n speler van Hoërskool Ferrum.

· Maja Slump verloor 4 – 6 teen ‘n speler van Hoërskool Ferrum.

· Reinhard Meyer verloor 6 – 1 teen ‘n speler van Hoërskool Ladysmith.

· Maja Slump verloor 3 – 6 teen ‘n speler van Hoërskool Ladysmith.

· Reinhard Meyer wen 6 – 4 teen ‘n speler van Hoërskool Dundee.

· Clarissa Viviers verloor 0 – 6 teen ‘n speler van Hoërskool Dundee.

· Shaun Wallace wen 6 – 2 teen ‘n speler van Hoërskool Newcastle.

· Clarissa Viviers wen 6 – 2 teen ‘n speler van Hoërskool Newcastle.

· FC Chamberlin verloor 3 – 6 teen ‘n speler van St. Dominics.

· Maja Slump wen 6 – 3 teen ‘n speler van St. Dominics.

Die Pionier-tennisspelers het 50 punte teenoor 52 punte gekry. Die tennisspelers wen 5 wedstryde en verloor 5 wedstyde.

Gemengde dubbels

· Shaun Wallace en Ashley Loch verloor 10 – 14 teen ’n span van Ferrum.

· FC Chamberlin en Clarissa Viviers speel 12 – 12 gelykop teen ‘n span van Ferrum.

· Shaun Wallace en Ashely Loch wen 17 – 7 teen ‘n span van Hoërskool Ladysmith.

· FC Chamberlin en Maja Slump wen 18 – 6 teen ‘n span van Hoërskool Ladysmith.

· Shaun Wallace en Ashley Loch wen 14 – 10 teen ‘n span van Hoërskool Dundee.

· FC Chamberlin en Maja Slump verloor 10 – 14 teen ‘n span van Hoërskool Dundee.

· Reinhard Meyer en Ashley Lock wen 15 – 9 teen ‘n span van Hoërskool Newcastle.

· FC Chamberlin en Maja Slump wen 16 – 8 teen ‘n span van Hoërskool Newcastle.

· Shaun Wallace en Hulp verloor 11 – 13 teen ‘n span van St. Dominics.

· Reinhard Meyer en Clarissa Viviers wen 17 – 7 teen ‘n span van St. Dominics.

Pionier kry 140 punte teenoor 100 punte van die ander skole. Hulle wen ses wedstryde en verloor vier wedstryde. Pionier eindig algeheel derde uit die ses skole in die toernooi.

OP DIE KALENDER

· 22-25 Julie: Kultuurweek.

· 27 Julie: Liga 5- skyfskietkompetisie in Durban.

ALSO READ: Sport en kultuur is ‘n fees by Pionier

The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.

Exit mobile version