Newcastle AdvertiserSchools

Volkies Groet Sy Geliefde Mnr. Hennie van Niekerk

Volkies wens mnr. Hennie van Niekerk alle voorspoed en geluk toe met sy aftrede en bedank hom vir sy jarelange diens en bydrae tot hulle gemeenskap.

Ons neem afskeid van mnr. Hennie van Niekerk, ‘n geliefde onderwyser en kollega by Hoërskool Volksrust.

Mnr. Van Niekerk het sy akademiese reis begin deur in 1989 ‘n Nasional Diploma in Analitiese Chemie by Pretoria Technikon te behaal en in 1991 ‘n Nasional Hoër Diploma in Analitiese Chemie by Vaal Driehoek Technikon.

Hy het ook SANAS se Internal Auditing Course Competency Based Assessments by Dr. Lee Moral voltooi.

Sy loopbaan by Eskom, wat tot 2012 gestrek het, het hom blootgestel aan ‘n wye verskeidenheid verantwoordelikhede, insluitend die analise van water, steenkool en olie, asook die produksie van drinkwater en gedeïoniseerde water.

Hy het vir 14 jaar ‘n SANAS gids 17025 geakkrediteerde waterlaboratorium bestuur en die laboratoriumpersoneel opgelei.

Sy rol in die chemie departement het ook die ontwikkeling en validering van laboratoriummetodes en prosedures vir ‘n geakkrediteerde toetslaboratorium ingesluit.

In Januarie 2016 het mnr. Van Niekerk by Hoërskool Volksrust aangesluit waar hy homself as onderwyser gekwalifiseer het deur UNISA.

Hy het met toewyding klasgegee vir graad 8 tot 12 in Natuurwetenskappe en Fisiese Wetenskappe.

Sy besluit om vroeg af te tree laat ‘n groot leemte in ons onderwyskorps.



The news provided to you in this link has been investigated and compiled by the editorial staff of the Newcastle Advertiser, a sold newspaper distributed in the Newcastle area. Please follow us on Youtube and feel free to like, comment, and subscribe. For more local news, visit our webpage, follow us on Facebook and Twitter, and request an add on our WhatsApp (082 874 5550).

Related Articles

Back to top button