Francois de Jager se uitmuntende prestasie by Dubbelkamp SA

Francois het nie net sy persoonlike beste tyd verbeter nie, maar hy het ook 'n merkwaardige vierde plek in die O/19-afdeling behaal.

“Ons is ongelooflik trots om aan te kondig dat Francois de Jager, ‘n graad 12 leerling van Volkies, Sondag aan die Dubbelkamp SA by Midmar deelgeneem het.”

Ondanks die bitter koue toestande het Francois sy deursettingsvermoë en vastberadenheid bewys in hierdie uitdagende wedren.

Die wedren het bestaan uit ‘n 5 km hardloop, gevolg deur 20 km fietsry, en afgesluit met nog ‘n 2.5 km hardloop.

Francois het nie net sy persoonlike beste tyd verbeter nie, maar hy het ook ‘n merkwaardige vierde plek in die O/19-afdeling behaal.

“Ons Volkies-familie is baie trots op jou, Francois! Hou so aan met die harde werk en toewyding.”



The news provided to you in this link has been investigated and compiled by the editorial staff of the Newcastle Advertiser, a sold newspaper distributed in the Newcastle area. Please follow us on Youtube and feel free to like, comment, and subscribe. For more local news, visit our webpage, follow us on Facebook and Twitter, and request an add on our WhatsApp (082 874 5550).

Exit mobile version