SchoolsVryheid Herald

Pioniers laat die wiele rol

Drie van Pionier se skuts het die eer gehad om as genooides aan die Top 80-kompetisie, by Zanandi, buite Brits, deel te neem

Dit was ‘n besige vakansie vir die sportspanne, maar voordat enige sak of bal in ‘n toerbussie gelaai kon word, was die wedstryde teen Hoërskool Ferrum, as deel van die PUK 16-reeks, eerste prioriteit. Op 19 Maart het hierdie kragmeting te Newcastle plaasgevind. Die uitstlae is as volg:

Rugby: o/14: 7-6, o/15: 0-55, o/16: 22-3, 2de: 0-38, Eerstes: 6-24

Netbal: o/14A: 2-24, o/14B: 1-22, o/15A: 9-23, o/15B: 3-13, o/16A: 30-7, Tweedes: 7-14, Eerstespan: 16-38

Hokkie: o/14A: 1-1, o/15A: 0-3, o/16A: 3-0, dogters Tweedes: 0-1, dogters Eerstespan: 0-6, Eerste-seunspan: 0-15

Netbaltoer-2024:

Die eerste netbalspan toer gedurende 30 Maart tot 2 April na Noord-Wes, waar hulle aan ‘n toernooi deelneem. Hulle speel 5 wedstryde wat hulle almal wen en verdien hul plek in die finaal teen Jan Viljoen. Hulle tree as algehele wenspan uit die stryd, met die telling 29-20. Janika Ferreira word as beste doel vir die toernooi aangewys. Ziyanda Mbatha en Xiah Labuschagne deel die toekenning van beste senterbaanspeler vir die toernooi.

Spelers wat vir die Dubai-toer gekies is:
Minke Mentz
Ziyanda Mbatha
Alwande Zwane
Janika Ferreira
Natalie Nel
Xiah Labuschagne
Leonie Joubert
Nompumelelo Lengwatie

Op 1 April geniet hulle die dag by Sun City se Valley of Waves.

Rugbytoer-2024:

Pionier se Witbulle toer gedurende 26-30 Maart na Hoërskool Suid-Natal in Port Shepstone. Hul speel 3 wedstryde en die uitslae is as volg: Pionier teen Hoërskool Bryanston – wen 33-0. Teen Hoërskool John Vorster wen hulle 19-10 en verloor ongelukkig die laaste wedstryd teen Hoërskool Hangklip, 8-37.

Dijan Labuschagne word 2 keer as speler-van-die-wedstryd aangewys en Jacques Richter kry dié eer tydens die laaste wedstryd.

Spelers wat vir die Italië-toer gekies
is:

Richard van der Walt, Franco Jonker, Dijan Labuschagne, Gerber
Diedericks, Stefan Marais.

Die laaste dag geniet hulle by die “Wet and Wild Waterpark”.

Hokkietoer-2024:

Die eerste hokkiespan toer op 24-27 Maart na Volksrust, waar hulle aan die 41ste Amajuba Sportweek deelneem.
Behalwe vir daaglikse wedstryde, het bekende nasionale spelers en afrigters ‘n afrigtingskurses aangebied, wat van onskatbare waarde was. Die week het ook vir sy eie pret en trots gesorg, met die kies van ‘n Mej. Amajuba-Sportweek, toe ons eie Jasmin van Rooyen met die louere weggestap het.

Die uitslae van die wedstryde is as volg: Pionier vs Standerton: wen 9/0, Pionier vs Patriot: wen 4-0, Pionier vs New Horizon: wen 4-0, Pionier vs Vrede: wen 4-0. Pionier vs Volksrust 2: wen 4-0,

Ashley Loch en Rochelle Fuhri word onderskeidelik as speler-van-die-wedstryd aangewys. Izaan Scheepers tree uit die stryd as beste
voorspeler van die toernooi.

Pionier is opreg trots op al sy sportsterre en dankbaar teenoor elke borg!

Ferrum vs Pionier:

Op Saterdag, 6 April, skop die eerste tuiswedstryde vir kwartaal 2 af – Pionier teen Hoërskool Richardsbaai. Hierdie wedstryde vorm deel van die splinternuwe Supersport-8-PSG-reeks. Die uitslae is as volg:

Rugby: o/14A: 31-24, o/14B: 53-7, o/15A: 18-13, o/16A: 28-12, Tweedes: 14-7, Eerstes: 16-9

Netbal: o/14A: 13-12, o/14B: 8-4, o/15A: 35-2, o/15B: 18-5, o/16A: 42-4, 2de: 13-7, Eerstes: 23-15

Hokkie: o/14A: 0-0, o/15A: 7-0, o/16A: 11-0, dogters Tweedes: 7-0, dogters Eerstes: 4-0, Eerste seuns:
0-3

Pionier is trots op elke speler! Welgedaan!

Netbalproewe –Zululand-streek:

Op 5 April is Zululand-proewe in Vryheid gehou. Die volgende spelers word tot die onderskeie spanne verkies:

o/14: Mieke Oosthuizen, Denise van Wyk, Mekayla Jordan, Miecke Strauss

o/15: Neriska Hamman, Leandri Grobler, Azelle Botha, Lianca Badenhorst, Leané Janse van
Rensburg

o/16: Liané Rabe

o/17: Xiah Labuschagne, Zelma Böhmer, Leonie Joubert, Minke Mentz.

o/18: Janika Ferreira, Ziyanda Mbatha, Alwande Zwane

Baie geluk, dogters!

Skyfskiet:

Drie van Pionier se skuts het die eer gehad om as genooides aan die Top 80-kompetisie, by Zanandi, buite Brits, deel te neem. Hier kom die skuts in aanmerking vir die British Junior International-groep, wat na Engeland toer. Hulle kwalifiseer ook hier vir SANSSU-klere. Baie geluk aan Wileze Scheepers, Niquita Steyn en Nash Olivier, met die volgende prestasies: Nash verwerf 3 silwer medaljes in die
veerklas, Wileze ontvang brons en haar SANSSU-klere.

ALSO READ: Pionier se redenaars en sport is tops

The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button