SchoolsVryheid Herald

Liefde wen altyd by Pionier

Die jaarlikse Noord-Natal-uitnodigingsbyeenkoms is ook op Valentynsdag by Hoërskool Pionier aangebied. Daar het ses skole deelgeneem: Hoërskool Pionier, Hoërskool Ferrum, Hoërskool Dundee, Sarel Cilliers, Pongola Akademie en Hoërskool Vryheid

Valentynsdag, 14 Februarie, is hierdie week behoorlik in pienk, rooi en wit gevier, selfs die seuns het spiekeries gelyk! Die dogters het ‘n blommetjie uit die skooltuin of ‘n bos blomme by ‘n spesiale persoon gekry en die seuns is ook bederf met ‘n sjokolade of ‘n kaartjie. Die hoogtepunt was die Valentynsokkie en almal het in hulle mooi-moois gespog.

Die jaarlikse Noord-Natal-uitnodigingsbyeenkoms is ook op Valentynsdag by Hoërskool Pionier aangebied. Daar het ses skole deelgeneem: Hoërskool Pionier, Hoërskool Ferrum, Hoërskool Dundee, Sarel Cilliers, Pongola Akademie en Hoërskool Vryheid.

Die byeenkoms was ‘n reuse sukses en die atlete van bogenoemde skole het uitsonderlik presteer. Daar is verskeie medaljes vir eerste plekke uitgedeel asook ‘n paar rekords verbeter. Die byeenkoms is soos vantevore suksesvol afgehandel. Ons sien daarna uit om in 2025 weer so ‘n groot sukses van die Noord-Natal-byeenkoms te maak.

Ons atlete het op 17 Februarie in Secunda aan die jaarlikse Interhoër-atletiekbyeenkoms deelgeneem. Daar het sewe skole deelgeneem: Secunda, Volksrust, Standerton, Generaal Hertzog, Piet Retief, Pionier en Hoogenhout.

Pionier het 10 medaljes huis toe gebring, onderskeidelik drie silwer en sewe brons.

Ons 0/17-dogters- en 0/14-seunsaflosspanne het beide brons medaljes vir die 4x100m-aflos verwerf.

Die volgende leerders het medaljes vir hulle items verwerf:

Melize Visagie – Brons vir 800m;

Nastasha du Toit – Silwer vir spiesgooi;

Lise Terblanche – Brons vir hoogspring;

Stefan Marais – Brons vir 100m en 200m;

Janko Hatting – Silwer vir gewigstoot;

Rowan MacDonald – Brons vir gewigstoot;

Jacob Bekker – Brons vir 400m.

Pionier is baie trots op die volgende swemmers en mej. Gerber wat verlede naweek die Midmar-Myl voltooi het: Mia Pienaar, Carla Pienaar, Richelle Rothman, William Laing, Leandri Grobler, Arno Warmenhoven en Charissa Volschenk.

Op die kalender: 24 Februarie (liga 2-skyfskietkompetisie).

ALSO READ: Atletiek laat Pionier se are van opwinding bruis

The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button