SchoolsVryheid Herald

Atletiek laat Pionier se are van opwinding bruis

Pionier is baie trots op ons skool se atlete

1. Op Woensdag, 7 Februarie, het Pionier weer aan die jaarlikse aflosatletiekbyeenkoms by Hoërskool Vryheid deelgeneem. Die atlete het getoon dat hulle goed voorberei het en die skare kon uitmuntende atletiek geniet.

Pionier is baie trots op ons skool se atlete wat algeheel tweede geëindig het. Die volgende prestasies is deur die aflosspanne behaal:

0/14 – DOGTERS – DERDE PLEK / BRONS

0/14 – SEUNS – EERSTE PLEK / GOUD

0/15 – DOGTERS – EERSTE PLEK / GOUD

0/15 – SEUNS – TWEEDE PLEK / SILWER

0/16 – DOGTERS – TWEEDE PLEK / SILWER

0/17 – DOGTERS – TWEEDE PLEK / SILWER

0/17 – SEUNS – TWEEDE PLEK / SILWER

0/19 – DOGTERS – TWEEDE PLEK / SILWER

2. Pionier se atletiekspan het Vrydag, 9 Februarie, aan Hoërskool Volksrust se jaarlikse Goue Byeenkoms deelgeneem. Weens swaar weer is die volle program nie voltooi nie. Pionier se atlete het weereens ‘n baie suksesvolle byeenkoms gehad en het ‘n totaal van 41 medaljes , onderskeidelik 8 goud, 15 silwer en 18 brons, huis toe gebring, . Ons hoogspringatlete het met ‘n totaal van 6 medaljes die meeste podiumplekke behaal. Maja Slump het die trofee vir die beste dogterspronge-atleet van die dag vir haar algehele eerste plek in die hoogspring vir dogters 0/16 gewen.

3. 8 Februarie was ‘n trotse dag vir Pionier se gr.8’s. Tydens die jaarlikse baadjieseremonie het die gr.8’s die besondere eer ontvang om formeel in die saal voor die ander leerders en onderwysers trots hul skoolbaadjie aan te trek, hul gr.12-leerlingleier se hand te skud en die saalklok te lui. Met die volgende saalbyeenkoms sal hulle die voorreg geniet om vir die eerste keer op ‘n saalstoel hul plek volwaardig as ‘n Pionier in te neem.

4. Op Vrydag, 9 Februarie, woon vier van Hoërskool Pionier se leerders ‘n opleidingsessie, aangebied deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens, te Newcastle, by. Jan Duvenhage, Elmarie Els, Lushke Nel en Abigail Coetzer tree vrywillig as verteenwoordigers van die SANBS op tydens bloedskenkgeleenthede wat gereeld by Pionier gehou word. Saam met talle ander hoërskoolleerders van oor die hele NKZN is hulle die geleentheid gebied om hulself te kon voorstel, waarna ‘n baie leersame inligtingsessie gevolg het. Daarna het hulle spontaan deelgeneem toe daar na hartelus vrae gevra en beantwoord is. Die doel van die jeug se deelname aan hierdie lewegewende diens is om ander jongmense bo sestien aan te moedig om bloed, wat lewens red, te skenk. Dankie vir julle onbaatsugtige diens!

ALSO READ: Pionier presteer op sportgebied

The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button