SchoolsVryheid Herald

‘n Gesonde liggaam huisves ‘n gesonde gees

Elkeen is toegang tot die sumilalators verleen en kon mekaar die stryd op ‘n ander tipe baan aansê

Skyfskiet:
Op 1 Augustus vertrek Pionier leerling Anika Dedekind saam met die SANSSU-skyfskietspan na Brittanje, waar hulle teen verskeie lande aan skyfskietkompetisies deelgeneem het.
Dit was nie net skyfskiet nie, maar hope pret om die land te verken. Op fietse en te voet verken die SANSSU-span Londen. Die motreën kon nie eers die kinders se entoesiasme demp nie. Hoogtepunte vir die dag sluit Tower Bridge, London Eye, Buckingham-paleis en Speeding boating on the river Thames in. Nog hoogtepunte sluit ‘n besoek aan Winsor-kasteel en Stonehedge in. Die SA-skuts het Mercedes World‚ waar hulle elkeen op ‘n eksklusiewe rit op die toetsbaan geneem is, in. Elkeen is toegang tot die sumilalators verleen en kon mekaar die stryd op ‘n ander tipe baan aansê. By die Brooklands-museum kon die skuts terug in tyd geneem word om die supersoniese vlug van die Concorde te beleef en selfs die geleentheid kry om in die vlugkabinet te sit.
Anika het aan verskeie skyfskiettoernooie deelgeneem. Sy behaal die volgende plekke: 14de in 3P, vierde plek in 10m-staan en het in die uitkloprondte sesde geëindig. Haar span van drie het in die 10m-staan ‚‘n brons medalje verwerf.
Dit was vir Anika ‘n onvergeetlike ervaring waar onbreekbare vriendskappe gesmee is. Dit was vir haar absoluut ’n onvergeetlike ervaring. Sy bedank haar ouers, afrigter en haar Hemelse Vader vir hierdie asemrowende voorreg.
Pionier is baie trots op jou, Anika. Dit het ure se oefening en konsentrasie vereis.

O/15-hokkiespan:

Pionier se O/15-hokkiespan het van 9-12 Augustus aan die Noordvaal-hokkietoernooi by Hoërskool Ligbron, in Ermelo, deelgeneem. Die top ses beste hokkiespanne, van geselekteerde provinsies, het die geleentheid gehad om vir die Noordvaal-beker te veg.
Die dogters het uitstekend in hul poelwedstryde gevaar en het na die kwartfinaal deurgedring. Dit het verseker het dat hulle in die top 8, uit die 16 skole, geëindig het.
Uitslae van poelwedstryde: Pionier 0-0 Rustenburg; Pionier 4-3 Kemptonpark; Pionier 2-2 Zwartkop.
Die dogters bly die enigste span wat nie teen Hoërskool Zwartkop verloor het nie! Zwartkop het die Noordvaal-toernooi, teen Hoërskool Nelspruit, in die finaal, gewen.
Pionier het ongelukkig 0-6 teen Hoërskool Nelspruit, in die kwartfinaal verloor, wat beteken het dat hulle ‘n uitspeelwedstryd teen Midstream College moes speel. Nadat die meisies 0-0 gelykop teen Midstream gespeel het, moes hulle tot ‘n agt-sekonde ‘shoot-out’ oorgaan (‘n eerste keer vir hierdie span). Vyf dogters van elke span het die kans gekry om vir agt sekondes alleen verby die doelwagter van die ander span te probeer kom. Pionier het na baie spanning 0-2 verloor. Nietemin het die meisies hul goed van hul taak gekwyt. Die dogters het vir plek sewe of agt teen Frikkie Meyer gespeel en het 2-1 gewen, wat verseker het dat hulle algeheel in die sewende plek geëindig het.
Pionier se O/15-hokkiedogters het ‘n week vol avontuur, kwaliteit-hokkie en hope ondersteuning beleef.
Hulle wil graag die borge, uit die diepte van hul hokkie-hartjies, bedank. Sonder hierdie borge sou die toernooi nie vir die dogters moontlik gewees het nie. Die ondersteuning van ‘n gemeenskap is die hartklop van ‘n skool.
Pionier is baie trots op julle, O/15-hokkiedogters! Julle gaan nog berge verskuif.

Pionier 7s:

Die afgelope naweek het die O/15- en O/17- rugbyspanne in die jaarlikse Hoërskool Pionier 7s-toernooi gespeel. Pionier se O/15-span is as kampioene gekroon. Tydens die toernooi word Jacques Richter, Eduan Naude en Franco Jonker vir die NKZN se 7s-span, wat die komende naweek aan die KZN O/17-proewe te Durban gaan deelneem, gekies.

O/15:

Pionier 41 vs Empangeni 12
Pionier 31 vs Vryheid Landbou 0
Pionier 24 vs Ferrum 5
Pionier 10 vs Hoërskool Vryheid 5
Pionier 21 vs Curro Salt Rock 14 (finaal)

O/17:

Pionier 26 vs Newcastle High School 10
Pionier 19 vs Sarel Cilliers 7
Pionier 12 vs Empangeni 7
Pionier 7 vs Piet Retief 40 (semifinaal)

Tawwe tennisspelers:

Op Saterdag het Pionier se tennisspelers teen St Dominics en Sarel Cilliers op St Dominics se tennisbane meegeding. Net dubbels en gemengde dubbels is gespeel.

Hiermee die uitslae:

Seuns dubbels:

• Shaun Wallace en Anro Swanepoel vs St Dominics wen 8-7;

• Shaun Wallace en Anro Swanepoel vs Sarel Cilliers wen 8-4;

• Hugo Joubert en Riaan Maré vs Sarel Cilliers wen 8-0;

• Hugo Joubert en Riaan Maré vs St Dominics wen 8-5.

Dogters dubbels:

• Anje Erasmus en Clarissa Viviers verloor 2-8;

• Clarissa Viviers en Maja Slump vs Sarel Cilliers verloor 7-8;

• Anje Erasmus en Maja Slump vs Sarel Cilliers wen 8-0;

• Anje Erasmus en Maja Slump vs St Dominics wen 8-1.

Gemengde dubbels:

• Shaun Wallace en Clarissa Viviers vs St Dominics wen 8-6;

• Anro Swanepoel en Anje Erasmus vs St Dominics wen 5-2;

• Hugo Joubert en Maja Slump vs Sarel Cilliers wen 7-0.

Die tennisspelers het hul uitmuntend van hul taak gekwyt.

Op die kalender:

24 Augustus: Op-die-Spel-kompetisie.

ALSO READ: Pionier streef na die beste

The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button