Oranje, wit en blou

Pionier is baie trots op die skuts wat aan die nasionale WP-skyfskietkompetisie deelgeneem het

Skyfskiet

Wes-Kaap Posliga

Pionier is baie trots op die volgende skuts wat aan die nasionale WP-skyfskietkompetisie deelgeneem en puik presteer het:

• O/21-Sporterklas: Karl Fourie (derde);

• O/21-Veerklas: Anika Dedekind (tweede);

• O/14-Veerklas: Nash Olivier (eerste);

• O/14-Veerklas: Frans Saaijman (vyfde).

KZN-Interskole

Die Pionier-skyfskietspan het op 11 en 12 Augustus aan die KZN-interskolekompetisie by Hoërskool Ferrum te Newcastle deelgeneem. Tydens die opening is die liga 5-medaljes uitgedeel:

• Gustav du Preez: verbetering van punte;

• Juan Vermeulen: verbetering van punte;

• Lizaan Jansen: verbetering van punte;

• Michael Vorster: verbetering van punte;

• Nash Olivier: verbetering van punte;

• Rikus Johnstone: verbetering van punte;

• Wileze Scheepers: verbetering van punte;

• Xander van Rooyen: verbetering van punte;

• Wileze Scheepers: O/16-Sporter (goud);

• Nash Olivier: O/14-Veer (goud)

Met die gala-aand, op 12 Augustus, het die skuts puik presteer en die volgende medaljes en trofeë ontvang:

• O/21A- en O/16A-Top Gekombineerde Sporterspan: Pionier eindig tweede.

• O/21-Sporterspan: Pionier eindig derde (Karl Fourie, Rikus Johnstone en Carmen Stuart).

• O/16-Sporterspan: Pionier eindig eerste (Niquita Steyn, Wileze Scheepers en Mia Myburgh).

• Karl Fourie verwerf vier goue medaljes.

• Niquita Steyn verwerf twee goue medaljes.

• Nash Olivier verwerf twee goue medaljes en een brons medalje.

• Mia Myburgh verwerf een silwer medalje.

• Wileze Scheepers verwerf een brons medalje.

• Die senior skuts behaal die eerste plek in die ‘Target Sprint-kompetisie’ en die juniors behaal die tweede plek.

Ons is trots op die volgende skuts wat vir die KZN-span gekies is en in die Oktober-vakansie aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe in Florida, Gauteng, gaan deelneem:

• Karl Fourie;

• Anika Dedekind;

• Niquita Steyn;

• Wileze Scheepers;

• Frans Saaijman;

• Nash Olivier.

Krieket

Pionier se eerste-krieketspan het Saterdag, 12 Augustus, op Pionier se krieketveld teen Hoërskool Ladysmith gespeel.

Ladysmith het die loot gewen en besluit om eerste te kolf. Hulle teken 222 lopies aan vir 10 paaljies in 28 beurte.

Die beste bouler vir Pionier was Nathan Nel, wat twee paaljies vir net 26 lopies geneem het.

Ander boulers wat paaltjies gevat het, was:

Joshua Buijs met drie paaljies, Janko Hattingh met twee paaltjies en Samuel Steyn met twee paaltjies.

Daarna was dit Pionier se beurt om te kolf.

Pionier teken 77 lopies aan vir 10 paaltjies in 13 beurte.

Die beste kolwer was Nathan Nel, wat 24 lopies van 22 balle geslaan het.

Pionier verloor die wedstryd met 145 lopies.

Netbal ‘Fast 5’

Op 12 Augustus het die O/15- en 17-netbalspanne by Hoërskool Sarel Cilliers, te Glencoe, gaan deelneem.

Die uitslae is as volg:

O/15 poelwedstryde:
Pionier wen Dundee: 14-6
Pionier wen Ethangeni: 16-1

Pionier eindig eerste in hierdie poel en dring deur na die semifinaal.

Semifinaal:

Pionier wen Sarel Cilliers: 10-4

Pionier wen die semifinaal en dring deur na die finaal.

Finaal:
Pionier wen Hoërskool Vryheid: 12-4

Pionier wen die finaal en word as wenners van die o.15-afdeling aangekondig. Abbygail van Tonder het die toekenning vir beste O/15-senterbaanspeler gekry en Liané Rabe was die O/15- Speler van die Toernooi.

O/17 Poelwedstryde:
Pionier wen Sarel Cilliers: 11-5
Pionier wen Escourt: 14-5
Pionier wen Dundee: 17-9

Pionier eindig eerste in hierdie poel en dring deur na die semifinaal.

Semifinaal:
Pionier verloor teen Hoërskool Newcastle: 8-16

Pionier is baie trots op die o.15- en o.17-netbaldogters. Julle het kookwaternetbal gespeel.

7s rugby
Die afgelope naweek het die O/15‘s- en O/18’s se 7’s-rugbyspanne te Glencoe aan die Hoërskool Sarel Cilliers toernooi gespeel. Pionier se O/15-span word as kampioene gekroon.

O/15-span
Pionier 33 vs Landbou 0
Pionier 54 vs Volksrust (2) 0
Pionier 21 vs Ferrum 19
Pionier 29 vs Sarel Cilliers 7
Pionier 19 vs Hoërskool Vryheid 7 (finaal )

O/18-span
Pionier 24 vs Sarel Cilliers 7
Pionier 27 vs Volksrust (1) 35
Pionier 19 vs H/S Vryheid 10
Pionier 7 vs Ferrum 33

ALSO READ: Pionier streef na die beste

The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version