SchoolsVryheid Herald

Pionier streef na die beste

Leerders hou Pionier se naam hoog op verskeie gebiede

1. PIONIERS VIR CHRISTUS
Die naweek van 28 tot 30 Julie het Pionier weer, onder leiding van mej. Greeff, ‘n baie suksesvolle Pioniers vir Christus-kamp te Bloedrivierpoort gehou.

Die bedieningspan van Heal The Land Ministries-Internasionaal het al die pad van Pretoria af gekom om met die fasilitering van die kamp te help.

Dit was ‘n onvergeetlike ervaring. Die leerders het aan ’n verskeidenheid aktiwiteite deelgeneem, om die kampvuur gekuier, die Here se Naam met lofsang geprys en die pragtigste vlae in spanverband gemaak.

Die leerders het onder andere meer van Moses se tabernakel geleer en hoe om dit op vandag se moderne lewe van toepassing te maak. Baie leerders het daarna tot die besef gekom dat Christenskap nie sommer net ‘n hierjy-geloof is nie en hul harte vir die Here gegee.

Heal The Land Ministries het ook ‘n program vir skoolverlaters, nl. Ignites. Hierdie student het ’n sleutelrol tydens die kamp gespeel deur vir die moderne jeug ‘n voorbeeld te stel hoe om die Here deel van jou alledaagse bestaan te maak.

Van een generasie na ‘n volgende vertrou ons dat die generasie, wat tans op die skoolbanke sit, die hoë roeping, soos in Fillipense 3:13-14 vervat, sal aangryp.

2. RUGBY 7’s
Die afgelope naweek het die 0/15- en 0/18-7’s-rugbyspanne te Empangeni aan die Hoërskool Empangeni-toernooi deelgeneem. Pionier se 0/15-span is as kampioene gekroon en die 0/18- span word as naaswenners van die toernooi aangewys.

0/15-span:
Pionier 45 – Richem 0
Pionier 14 – Richardsbaai 14
Pionier 26 – Birdswood 7
Pionier 24 – Empangeni 0 ( Semi Finaal )
Pionier 21 – Richardsbaai 12 ( Finaal )

0/18-span:
Pionier 17 – Felixton 7
Pionier 22 – John Ross 5
Pionier 40 – Birdswood 5
Pionier 40 – Richardsbaai 5
Pionier 19 – Grantleigh 12. ( Semi Finaal )
Pionier 7 – Empangeni 17 ( Finaal )

Hoërskool Pionier is baie trots op ons puik 7’s-rugbyspanne.

3.KOOKWATER DOGTERSKRIEKET
Ons dogterskrieketspan het Donderdag, 3 Augustus, teen Hoërskool Sarel Cilliers se dogterskrieketspan hul eerste wedstryd van die seisoen gespeel.
Pionier het eerste gekolf. Met behulp van Xiah Labusghane se 75 lopies het ons kolwers altesaam 134 lopies gemaak.

Ons boulers het hul uitstekend van hul taak gekwyt en elke dogter, wat geboul het, het ten minste een paaltjie gevat. Karli Hatting het 3 paaltjies vir slegs 14 lopies gevat in haar drie boulbeurte.

Pionier wen met 68 lopies.

Hoërskool Pionier se trots bars uit hul nate vir hierdie fantastiese dogterskrieketspan. Mag dit met elke wedstryd so goed, en nog beter, gaan.

4.TENNIS
Op Saterdag, 5 Augustus, het Pionier se tennisspan teen Hoërskool Newcastle op Pionier se tennisbane deelgeneem. Dit was ‘’n heerlike dag vir tennis en almal het die dag geniet. Selfs twee Pionier-seuns (JC van Rooyen en Leroux Joubert) het vir die pret en om wedstrydkennis op te bou teen mekaar ‘n vriendskaplike wedstryd gespeel.

Hiermee die uitslae:

· Enkels

Anje Erasmus wen 5-4;

Shaun Wallace verloor 4-5;

Anro Swanepoel verloor 2-5;

Heinrich Grobler wen 5-0;

Hugo Joubert wen 5-0;

Riaan Maré wen 5-1.

· Gemengde dubbels

Anje Erasmus en Shaun Wallace verloor 4-5.

Ons sien met groot verwagtinge uit na ons tennisspan se volgende wedstryde.

5.SEUNSKRIEKET
Die seunskrieketspan het Woensdag, 2 Augustus, teen Hoërskool Sarel Cilliers gespeel.

Sarel Cilliers kolf eerste en teken 137 lopies aan. Pionier kolf tweede en moet 138 lopies aanteken om die wedstryd te wen. Pionier wen die wedstryd met sewe paaltjies.

Beste kolwers:
1. Janco Hatting 55 lopies vir 26 balle
2. Joshua Buijs 47 lopies vir 47 balle

Beste boulers:
Die volgende boulers het elkeen twee paaltjies geneem:
Joshua Buijs
Janco Hatting
Franco Jonker
Reinhardt Backeberg

6.OP DIE KALENDER
· 11-12 Augustus 2023: Skyfskiet-interskole in Newcastle.

ALSO READ: Pionier is trots op puik hokkiespan

The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button