SchoolsVryheid Herald

Wonderlike geleenthede by Pionier

Pioniers moes hul vervelige skooltasse by die huis te los en met kreatiewe Hiep-Hupstoot-rugsakke vervang

Hiep-Hupstoot-rugsak:

Die ATKV-jeugtak, Hupstoot, het op 17 Mei ‘n wonderlike geleentheid vir Pioniers gereël om hul vervelige skooltasse by die huis te los en met kreatiewe Hiep-Hupstoot-rugsakke te vervang. Daarby het die wenners elkeen ‘n oulike ATKV-prys gewen.

Die wenners was as volg:

Eerste: Kobus Strauss;

Tweede: Juané Venter;

Derde: Righard Odendaal.

Fietsrywenner:

Zane van der Berg het verlede naweek aan die aQuelle-fietstoer deelgeneem. Hy is absoluut ‘n fietsrywenner en het hierdie geleentheid gebruik om ongeveer 42 kilometer met sy fiets af te lê. Hy het eerste in sy ouderdomsgroep (tussen 19 en 23 jaar) gekom en het algeheel 61ste van al die ervare fietsryers geëindig.

Zane, Pionier is baie trots op jou! Mag dit die eerste van nog baie eerstes wees.

Pionier se Sharkie:

Josh Jordaan is vir die o.15B-Sharkspan gekies. Hierdie rugbyspan sal die geleentheid kry om op 16 en 17 Junie onderskeidelik teen die Griffons en Pumas te Hollywoodbets Kingspark te speel.

Pionier is baie trots op jou, Josh. Mag hierdie wonderlike geleentheid nog rugbydeure vir jou oopmaak.

Speletjiesaand:

Pioniers gryp geleenthede aan en geniet op 16 Mei ‘n heerlike Speletjiesaand. Die leerders het ‘n bietjie weggekom van die akademie en sport deur tafeltennis en vlugbal te speel. Dit was ‘n heerlike wegbreekgeleentheid.

Sportgeleenthede:

Die netbaldogters het op 18 Mei ‘n vriendskaplike sportgeleentheid teen Hoërskool Landbou High School geniet. Al die spanne het gewen en dit het die dogters positief gemotiveer.

Die uitslae is as volg:

• O.14A-span: wen 32-10;

• O.15A-span: wen 38-3;

• O.16A-span: 17-8;

• Tweedes: 20-14;

• Eerstes: 32-10.

Rugby en hokkie teen Hoërskool Piet Retief:

Pionier het die geleentheid gehad om op 20 Mei rugby en hokkie teen Hoërskool Piet Retief te speel. Alhoewel die telbord teen ons was, het die sportspanne hul bes gelewer en het sportmangees oorwin.

Die uitslae is as volg:

Rugby:

• O.14-span: verloor 0-72;

• 0.15-span: verloor 7-28;

• O.16-span: verloor 7-41;

• Tweedes: verloor 3-39;

• Eerstes: verloor 14-42.

Hokkie:

• O.14-span: verloor 0-7;

• O.15-span: verloor 1-2;

• O.16-span: wen 2-1;

• Eerste-span: verloor 0-2.

ALSO READ: Pionier wys inisiatief

The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button