Pionier wys inisiatief

Die leerders het die dag geniet en dit was moeilik om die drie wenners te kies

ATKV-KARAKTERDAG 2023

Ons is verras met ons leerders se inisiatief en kreatiwiteit! Die ATKV-jeugtak, Hupstoot, en mnr. Coenraad van Rensburg (ATKV-streeksbestuurder) was aangenaam verras. Die leerders het die dag geniet en dit was moeilik om die drie wenners te kies! Eerste was ons grapjas, Kyle Vermaak, as die Joker in Spiderman. Tweede was ons eie skoonheidskundige/ chef, Beandra van Vuuren, met haar eie Ratatoulle op die skouer en derde was Pionier se feetjie, Leané , wat die dag met haar towerstokkie betower het.

SKYFSKIET WYS BY PIONIER HOE DIT GEDOEN WORD!

Saterdag, 13 Mei, het Hoërskool Pionier se skyfskietsterre saam met hul ouers gewys hoe om ‘n liga aan te bied. Die mammas het eers in die voorportaal heerlike koffie of tee saam met die heerlikste ontbytverversings aangebied en daarna kon die ouers en skuts heerlike skaap-op-die-spit-rolletjies (die deskundige, mnr. Willem Scheepers en sy seun, Christiaan, het al van drie-uur af die skaapvleisies mooi gegeur en gebraai), pannekoek (dankie aan mnr. en mev. Joseph en Corli Kruger), lekkergoed, koeldrank en water koop.

Na die eerste ronde was dit die opening en verwelkoming. Mnr. Hartwig Paul het almal professioneel gegroet, die verrigtinge met ‘n gebed geopen en daarna saam met die medaljewenners blad geskud.

Die volgende skuts het medaljes ontvang:

1. Anika Dedekind: Liga 1 verwerf sy silwer in die o.21-Veerklas. In liga 2 verwerf sy silwer in die o.21-Veerklas. In liga 3 het sy haar persoonlike beste punte verbeter en verwerf sy silwer in o.21-Veerklas.

2. Karl Fourie: persoonlike beste punte verbeter in liga 1, by liga 1 in o.21-Sporterklas – goud, in liga 3 verbeter hy sy persoonlike beste punte weer en verwerf weer goud in o.21-Sporterklas.

3. Lizaan Jansen: sy kry haar twee silwer medaljes uiteindelik vir die interskole-kompetisie 2022.

4. Rikus Johnstone: hy verbeter sy persoonlike beste punte by liga 1.

5. Mia Myburgh: sy verbeter haar persoonlike beste punte by liga 1. By liga 1 verwerf sy ‘n silwer medalje in o.16-Sporterklas. By liga 2 verwerf sy ‘n goue medalje in o.16-Sporterklas en by liga 3 verwerf sy ‘n brons medalje in die o.16-Sporterklas. Hierdie is voorwaar ‘n skut vir wie die ander skole se skuts bang is. Sy gaan hulle nog wys gif kom in klein bottetjies!

6. Carmen Stuart: sy verbeter haar persoonlike beste punte.

7. Gustav du Preez: hy verbeter sy persoonlike beste punte in liga 2 en 3.

8. Jaden Labuschagne: sy verbeter haar persoonlike beste punte in liga 3.

9. Corné Lotter: hy verbeter sy persoonlike beste punte in liga 3.

10. Frans Saaijman: hy verwerf goud in liga 1, 0.14-Veerklas en silwer in liga 3, o.14-Veerklas.

11. Wileze Scheepers: sy verbeter haar persoonlike beste punte tydens liga 2 en 3.

12. Niquita Steyn: sy verwerf ‘n silwer medalje in liga 2 o.16-Sporterklas. Sy verbeter haar persoonlike beste punte in liga 3 en verwerf dan ook n silwer medalje in liga 3 o.16-Veerklas. Hierdie is ook ‘n dametjie wat na haar SA-kleure mik. Oppas, manne!

13. Hardus Vermaak: hy verbeter sy persoonlike bete punte in liga 3.

14. Michael Vorster: hy verbeter sy persoonlike beste punte in liga 2 en 3.

15. Nash Olivier: hy verwerf goud in o.14-Veerklas tydens liga 3. Mooi so! Ons verwag dat jy nog ‘n uitstekende skut gaan word.

Tydens liga 4, op 13 Mei 2023, het die volgende skuts baie goed presteer. Die medaljes sal by liga 5 aan hulle oorhandig word:

· O.21-Sporterklas: Karl Fourie – eerste.

· 0.21-Veerklas: Anika Dedekind – tweede.

· O.16-Veerklas: 7de: Jaden Labuschagne en 9de Lizaan Jansen.

· O.16-Sporterklas: Niquita Steyn is tweede, Mia Myburgh is derde, Rikus Johnstone is 4de en Wileze Scheepers is 6de.

· O.14-Veerklas: Frans Saaijman is derde, André Barnard is 5de en Retief Nel is 6de.

· 0.14-Sporterklas: Michael Vorster is 8ste.

ATKV-REDENAARPRESTEERDERS

Die volgende redenaars het deurgedring na die semi-finale ronde van die ATKV-Redenaarskompetisie, wat op 26 Mei in Durban sal plaasvind. Baie geluk aan elkeen en sterkte met die voorbereiding.

GRAAD 8-9 AFRIKAANS HUISTAAL VOORBEREID

Mia Bosman

Liandri Grobler

Mia Pienaar

GRAAD 10-12 AFRIKAANS HUISTAAL VOORBEREID

Aimee Bosman

Susan Gregory

Lené Janse van Rensburg

GRAAD 10-12 AFRIKAANS HUISTAAL ONVOORBEREID

Susan Gregory

Lianca Landman

RUGBY TEEN ROB FERREIRA

Hiermee die uitslae teen Hoërskool Rob Ferreira:

· O.14’s verloor 0-48;

· O.15’s verloor 13-20;

· O.16’s verloor 12-15;

· Tweedes verloor 3-59;

· Eerstes verloor 26-55.

OP DIE PROGRAM

17/5: Ping-pong-aand

18/5: ATKV-Jeugtak se Hiep-Hupstoot-rugsak-kompetisie.

ALSO READ: Pioniers is sjarmant en elegant by Seniordinee

The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version