Pioniers is sjarmant en elegant by Seniordinee

Willy Wonka was die tema van die nageregtafel

Die seniordinee van 2023 was ‘n makietie uit ‘n storieboek uit met die tema ‘Once upon a time’. ‘n Glansaand vir die Graad 10-12’s, waar hul kon spog en deftig aantrek, ‘n klein bietjie ontspan en lekker biltong, vrugtestokkies en hoenderpastei eet. Elke tafel is (te danke aan soveel tannies se moeite, geduld en hulp) pragtig met verskillende sprokies as die inspirasie versier. Sneeuwitjie, Raponsie, Skoonlief en die ondier en selfs Willy Wonka was daar. Willy Wonka was die tema van die nageregtafel, wat kinderlike geluk vir die seniors met tonne lekkers, poedings en ‘n sjokolade uitgebeeld het. Baie dankie aan mev. Gregory, ons hoofdogter se regter- en linkerhand, wat saam met haar dogter, Susan, hierdie enorme taak suksesvol aangebied het. Baie dankie aan elke leerder wat gehelp het, elke tannie, oom, onderwyser en onderwyseres se moeite, die hoof en die borge. Nooit sou die seniors kon dink dat ‘n kindersprokie, ‘Once upon a time’, vir ‘n paar oomblikke in hul senior jare ‘n werklikheid sou word nie.

ATKV-REDENAARS-2023

Pionier het weer vanjaar, op 24 April, die voorreg gehad om as gasheer vir die ATKV-redenaars se eerste uitdunronde op te tree.

10 skole, met ‘n totaal van 126 sprekers van Graad 1 tot 12, het deelgeneem. Van oor die hele NKZN het redenaars reeds vanaf 07:00, saam met ouers, onderwysers en ondersteuners, aangemeld. 12 verskillende kategorieë is gedek, in beide Afrikaans Huistaal sowel as Afrikaans Addisionele Taal, beide voorbereid en onvoorbereid. Die standaard was besonder hoog en ons dank die 12 ervare beoordelaars, van heinde en verre, wat in die vier verskillende lokale hul staal moes wys.

Die uitslae sal binne die volgende 10 dae aanlyn bekend gemaak word, waarna die room van die oes te Port Natal in Durban sal gaan deelneem.

Ons hou styf duim vas vir man en muis.

SKYFSKIET: LIGA 3

Maandag, 24 Mei, tot Dinsdag, 25 Mei, het Pionier se 23 skuts by die skool aan Liga 3 deelgeneem. So tussen beurtkrag en met behulp van die skool se kragopwekker kon die skuts die liga voltooi. Die uitslae volg binnekort.

SPORT TEEN HOËRSKOOL FERRUM

Hoërskool Pionier het Dinsdag, 25 April, teen Hoërskool Ferrum deelgeneem. Die uitslae is as volg:

Netbal:

• O.14A verloor 8-22;

• O.14B verloor 9-12;

• O.15A wen 37-8;

• O.15B speel 8-8 gelykop;

• O.16 verloor 15-16

• 2de wen 17-14

• 1ste verloor 7-20.

Hokkie:

• O.14 verloor 0-1;

• O.15 wen 4-2;

• O.16 verloor 0-7;

• 2de verloor 0-3;

• 1ste speel 2-2 gelykop;

• Seuns O.16 verloor 0-4;

• Seuns 1ste verloor 0-9.

Rugby:

• O.14 verloor 0-46;

• O.15 wen 52-5;

• O.16 verloor 18-42;

• 2de verloor 7-13;

• 1ste verloor 24-30.

OP DIE KALENDER

4 Mei – Pantoffeldag ten bate van ‘Reach For A Dream’. Elke leerder, wat ‘n kaartjie by die ATKV-Jeugtak koop, staan ‘n kans om een van drie groot ATKV-pryse te wen en kan Saterdag, 6 Mei, ‘n gratis koffie by ‘n Wimpy gaan geniet.

• 6 Mei – sport teen HTS Witbank.

11 Mei – Leerders trek soos ‘n gunsteling TV-karakter aan en staan die kans om een van drie ATKV-pryse te wen.

18 Mei – Ontwerp jou eie Hiep-Hupstoot-rugsak en wen dalk een van die ATKV-jeugtak, Hupstoot, se unieke pryse.

ALSO READ: PUK16-finaal leer Pioniers vasbyt

The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version