SchoolsVryheid Herald

PUK16-finaal leer Pioniers vasbyt

Die kompetisie was baie straf, maar niemand het moed opgegee nie

Die PUK16-reeks was hierdie jaar taai van die begin af en ons Pioniers moes leer hoe om enduit vas te byt. Die kompetisie was baie straf, maar niemand het moed opgegee nie en tot die einde net hul beste gelewer.
Die netbaluitslae is as volg: die O/14-span verloor 11-15 teen Hoërskool Wolmaranstad en eindig algeheel 10de. Die O/16-span wen 29-3 teen Hoërskool Bekker en eindig algeheel 11de. Die tweedespan wen Hoërskool Fochville en eindig algeheel derde. Die eerstespan verloor in ‘n naelbytstryd 29-30 teen Hoërskool Hans Strijdom en eindig algeheel 10de.

Die hoogtepunt was die O/15-span, wat Hoërskool Leeuwenhof 20-16 gewen het en algeheel eerste geëindig het. Pionier is veral trots op me. Shirley Smuts en haar wenspan.
Die volgende dogters is as beste speler in hul wedstryde aangewys: O/15-span – Natasha du Toit; O/16-span – Natalie Nel; en tweede-span – Bukho Masondo.

RUGBY
Die rugbyspanne het Vrydagoggend na Potchefstroom gereis. Saterdag was ‘n vroeë begin met beide ons O/16- en O/14-spanne wat die dou van die velde moes afspeel. Ongelukkig trap ons O/16-span in ‘n strik in die laaste beweging van die wedstryd teen Hoërskool Leeuwenhof en verloor 13-14. Die O/14-span speel mooi rugby en wen hul wedstryd teen Hoërskool Bekker 7-5. Die O/15-rugbyspan verloor 7-19 teen Hoërskool Vryburg en die tweedespan verloor 12-19 teen Hoërskool Riebeeckrand. Die eerstespan baklei hard om terug te kom in hulle wedstryd, maar verloor die uitmergelende stryd met een punt: 14-15.
Alhoewel die telbord nie aan ons kant was nie, kan Hoërskool Pionier se rugbyseuns hulle koppe hoog hou vir ’n dag wat vir goeie dissipline en sportmangees onthou sal word.

HOKKIE
Die seunshokkie se eerstespan het ook aan die PUK-toernooi deelgeneem en Donderdag, 20 April, vanaf Vryheid vertrek. Hulle het Vrydag, 21 April, hul wedstryde gespeel. Die span het twee wedstryde gespeel. Hulle verloor teen Hoërskool Oosterland met ‘n telling van 0-18. Die tweede wedstryd teen Leeuwenhof eindig gelykop met ‘n telling van 1-1.
Die dogters het Saterdag, 22 April, hulle wedstryde gespeel. Die juniorspanne, vanaf O/14 tot O/16, het op die grasbane van die Fanie du Toit Sportterrein hul wedstryde gespeel. Op die verskeie grasbane het ons juniors hul puik van hul taak gekwyt.
Die uitslae is as volg:
• Veld B: Die O/15’s het vir die Plaat 1/2 teen Hoërskool Bekker gespeel en het 4-0 gewen.
• Veld C: Die O/14’s het vir die Plaat 5/6 teen Hoërskool Hans Strijdom gespeel en 1-0 gewen.

• Veld A: Die O/16’s het vir PUK-trofee 7/8 teen Hoërskool Vryburg gespeel en het 3-0 gewen.

Die seniorspanne het op die universiteit se astrobane gespeel.

• Die eerstespan het op die B-astrobaan vir die Plaat 5/6 teen Hoërskool Vryburg gespeel en 3-0 gewen.

• Die tweedespan het ‘n prysenswaardige poelwedstryd uitslag gehad, wat hulle in die eindstrydfinaal vir eerste plek teen Hoërskool Hans Strijdom geplaas het. Hulle het die PUK-trofee na ‘n titaniese stryd met 1-0 gewen. Hulle tree vorentoe as Pionier se wenners van die PUK-trofee vir tweedespanne. Ons is baie trots op hierdie span, wat hulle poelwedstryde, semi-finaal en ook die finaal met soveel toewyding en uithouvermoë aangedurf het. Hulle is ‘n formidable span wat saamstaan om hulle doel te bereik. Veels geluk aan mev. Carin Smit en mev. Karen Muller met hul puik span.
Ons opregte dank aan elke afrigter vir julle toewyding en afrigting gedurende hierdie PUK-reeks.

KZN-NETBALPROEWE

Pionier se netbaldogters het op 21 en 22 April aan die KZN-netbalproewe in Durban gaan deelneem. Die volgende dogters vorm deel van die Top 30-span, wat gekies is om aan die finale KZN-rondte op 6 Mei weer in Durban te gaan deelneem: O/14-span – Leandri Grobler; en O/15-span – Clarissa Scheepers.

RUGBYPROEWE

Die volgende seuns is gekies om Woensdag, 26 April, aan die Platteland-proewe by UKZN deel te neem:
O/16 – Jacques Richter, Franco Jonker, Gerber Diedericks en Jean Koekemoer.
O/18 – Duan Davel en Rocco du Randt.

ALSO READ: Pionier geniet sport

The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button