Ons wil by Pionier wees

Met ‘n springmielieboks, lekkergoed en koeldrank het die leerders saam met Bobby van Jaarsveld en Lea die liedjies van ‘As Jy Sing’ uit volle bors saam gesing

Opedag:
Op Vrydag het baie Graad 7-leerders van regoor KZN die skool besoek. Daar was ‘n goeie opkoms van ouers en nuwe, opgewonde Graad 8s, al was daar ander aktiwiteite by verskeie laerskole aan die gang. Die ouers en leerders was aangenaam verras op hul toer deur die skool. Die toergroepe het die skool, klaskamers, gimnasium, verskillende sportsoorte op die velde en astrobaan en selfs die skietsaal besoek.
ATKV-Jeugtak, Hupstoot, se fliekaand
Ons leerders het Donderdagaand, 9 Mei, ‘n fliekaand in die hoofsaal geniet. Met ‘n springmielieboks, lekkergoed en koeldrank het die leerders saam met Bobby van Jaarsveld en Lea die liedjies van ‘As Jy Sing’ uit volle bors saam gesing. Afrikaanse liedjies sing darem maar lekker!
Sport teen Hoërskool Volksrust
Die afgelope naweek het Pionier teen Hoërskool Volksrust op die rugbyveld, hokkiebaan en netbalbaan meegeding. Hiermee die uitslae:
Dogtershokkie:
•     Eerstespan: verloor 2-3;
•     Tweedespan: wen 2-0;
•     O/16-span: wen 5-0;
•     O/15-span: verloor 2-3;
•     O/14-span: verloor 0-3.
Seunshokkie:
•     Eerstespan: verloor 0-4;
•     O/16-span: verloor 0-3.
Netbal:
Al die netbalspanne het gewen! Uitstekend, netbaldogters!
•     Eerstespan: wen 45-7;
•     Tweedespan: wen 23-4;
•     O/16-span: wen 19-6;
•     O/15-span: wen 24-12;
•     O/14-span: wen 18-4.
Rugby:
•     Eerstespan: verloor 21-24;
•     Tweedespan: wen 24-10;
•     O/16-span: wen 50-0;
•     O/15-span: wen 31-7;
•     O/14-span: verloor 0-10.

ALSO READ: Dis net ‘n plesier by Pionier

The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version