SchoolsVryheid Herald

Pionier-skuts is sterre

Ons sien uit na die ATKV-jeugtak, Hupstoot, se fliekaand op 9 Maart

Skyfskiet:
Karl Fourie en Anika Dedekind het as Pionier se top skuts op 23-24 Februarie aan die Mpumalanga Ope-skyfskietkompetsie op Middelburg gaan deelneem. Ons is baie trots op Karl , wat tweede in die o.21-Sporterklas en Sporterklas algeheel geëindig het en Anika, wat eerste in die o.21-Veerklas en 1ste in die Veerklas geëindig het. Die top skuts dring dan weer deur na die volgende groot kompetisie op 31 Maart tot 1 April te Middelburg, waar die Top 20 vir die SA-span gekies word om in Augustus in Engeland te gaan deelneem. Pionier is trots op hierdie twee puik skuts.

Kleurfees:
Donderdag, 23 Februarie, het opgewonde leerders na die krieketveld gestroom om die Kleurfees te geniet. Dit was ‘n uitstekende geldinsamelingsprojek vir die netbal- en hokkie-eerstespanne. Die leerders het die musiek en kleurfees kleurvol geniet. Onherkenbare, opgewonde kinders moes later hard probeer om die pienk, geel, groen en blou uit hul gesigte en hare te was. Dit het beslis kleur in hul lewens gegee.

Sport teen Hoërskool Piet Retief:
Ponier het beslis Saterdag, 25 Februarie, teen baie sterk opponent gespeel. Die eerste wedstryde van die seisoen dwing die afrigters en spelers na die beplanningsborde en ekstra fiksheidsoefeninge. Pionier het egter nog nooit so vinnig moed opgegee nie en die harde werk gaan met moed en ywer aangepak word.
Die uitslae:
Rugby:
•     O.14A verloor 0-85;
•     O.15A verloor 10-32;
•     O.16A verloor 3-8;
•     2des verloor 5-41 en
•     1stes verloor 23-39.
Hokkie:
•     O.14’s verloor 0-8;
•     O.15’s verloor 1-4;
•     O.16’s verloor 0-1;
•     2des wen 4-0 en
•     1stes is 4-4 gelyk.
Seunshokkie:
•     O.16’s is 0-0 gelyk en
•     1stes verloor 1-9.
Netbal:
Die netbalwedstryde was taai, maar ons dogters het beslis gefokus en hul heel beste probeer.
•     O.14A verloor 6-12;
•     O.14B verloor 1-19’;
•     O.15 A wen 23-20;
•     O.15B verloor 1-16;
•     O.16A verloor 13-21;
•     2des wen 14-6 en
•     1stes verloor 12-16 in ‘n naelbytwedstryd.
Op die program:
Ons sien uit na die ATKV-jeugtak, Hupstoot, se fliekaand op 9 Maart en die Opedag op 10 Maart.

ALSO READ: Pionier presteer

The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.

Related Articles

Back to top button