Hoërskool Volksrust meet krag teen Hoërskool Ferrum

Die 2de span van juffrou Cockroft het goed begin, maar die hitte was net te veel gewees. Hulle verloor 4-1.

Die naweek het Volksrust Hoërskool kragte gemeet teen Ferrum van Newcastle.

“Dit was ons eerste wedstryd vir die jaar. Alhoewel daar nog baie is om aan te werk, het ons manne en meisies hul baie goed van hul taak gekwyt in ‘n vuurwarm Newcastle,” sê me. Anneli Cockroft.

Die o/14 span, afgerig deur mej. Ngcobo het regte Volkie guts gewys, maar moes ongelukkig die knie buig en verloor met 5 doele teenoor 1.

Die o/15 span van juffrou Zuzané het aanskoulike hokkie gespeel en wen met ‘n weghardloop telling van 7-0.

Toe is dit die o/16’s se beurt om op die veld te draf. Hulle het “harde” hokkie gespeel en het baie verbeter vanaf laasjaar, hul verdediging was puik.

Ongelukkig verloor juffrou Marika Rossouw se span 5-1.

Die 2de span van juffrou Cockroft het goed begin, maar die hitte was net te veel gewees. Hulle verloor 4-1.

“Ons vlagskip, die rooi masjien, afgerig deur mej. Ernst het in die hitte van die dag gespeel.”

Die meisies het pragtig gespeel en het weereens gewys hoe mooi 1ste span hokkie is. Hulle speel gelykop 2-2.

“Ons eerste seuns het ‘n vriendskaplike wedstryd gespeel teen Ferrum.”

“Baie sterkte aan elke leerder en afrigter met die week se voorbereiding vir die naweek se sport wat hier, op Volksrust teen Piet-Retief gespeel word.”


The news provided to you in this link has been investigated and compiled by the editorial staff of the Newcastle Advertiser, a sold newspaper distributed in the Newcastle area. Please follow us on Youtube and feel free to like, comment, and subscribe. For more local news, visit our webpage, follow us on Facebook and Twitter, and request an add on our WhatsApp (082 874 5550).

Exit mobile version