In gesprek met Volkie se top-presteerder, NT Moolman

Volkies gesels met NT Moolman, 'n 2022 top presteerder.

Hoërskool Volksrust gesels met NT Moolman, ‘n 2022 top presteerder, waar hy 7 onderskeidings en 93% gemiddeld behaal het.

Gee bietjie meer agtergrond oor wat jy na skool gedoen het, waar jy jou tans bevind en waarmee jy jouself besig hou:

Ek gaan hierdie jaar (2023) Upington toe, waar ek ’n jaar lange kursus in Bewaringsekologie gaan doen by die Academy for Environmental Leadership (AEL).

Daarna beoog ek om Botanika (Plantkunde) en Biochemie aan die Noordwes Universiteit te studeer.

Was daar ooit enige twyfel in jou hart dat Volkies die skool vir jou is:

Nee. Volksrust was reg van die begin af die enigste skool vir my!

Hoekom het jy Hoërskool Volksrust gekies as skool vir jou hoërskoolloopbaan:

Volksrust Hoërskool se uitstaande akademie, sport, kultuur en die pragtige skoolgronde het beslis die keuse vir ’n Hoërskool maklik gemaak!

Dink jy die plattelandse omgewing van Volksrust was tot voordeel of tot nadeel vir jou hoërskoolloopbaan:

Ek sou sê die plattelandse omgewing van Volksrust Hoërskool was tot voordeel vir my hoërskoolloopbaan omdat ek so baie ondersteuning van die onderwysers en die gemeenskap kon kry.

Wat het vir jou uitgestaan by Volkies oor die 5 jaar wat jy daar spandeer het:

Die besonderse vermoë van die onderwysers om leerders dag-in en dag-uit te motiveer en te help om beter te presteer sodat elkeen hul volle potensiaal kan bereik, het die meeste vir my uitgestaan.

Akademie is sekerlik nie jou enigste talent nie. Het Volkies ander talente wat jy ontvang het ook bevorder of voel jy dat Volkies meer kon gedoen het:

Volkies het my baie gehelp om my leierskapvaardighede te ontwikkel omdat die skool vir my talle geleenthede gebied het om in ’n leierskapsposisie op te tree.

Volkies het ook my gehelp om my sport te ontwikkel.

Verduidelik wat dit vir jou beteken het om by jou ouers te bly as jy ʼn dagskolier was. Verduidelik hoe jy die koshuis ervaar het, as jy ʼn inwoner daar was:

Ek was van graad 8 tot in Matriek in die koshuis.

Ek het die koshuis baie geniet omdat ek soveel goeie herinneringe kon maak saam met my vriende. Die koshuis was beslis ook goed vir my akademie omdat die streng studietye my elke dag forseer het om hard te werk.

Op watter gebiede sou jy sê behoort Volkies te verbeter en wat is jou voorstelle:

Ek kan nie aan een gebied dink waarop Volkies moet verbeter nie.

Volkies presteer uitstaande op alle gebiede, en Volkies se akademie is van die beste!


The news provided to you in this link has been investigated and compiled by the editorial staff of the Newcastle Advertiser, a sold newspaper distributed in the Newcastle area. Please follow us on Youtube and feel free to like, comment, and subscribe. For more local news, visit our webpage, follow us on Facebook and Twitter, and request an add on our WhatsApp (082 874 5550).

Exit mobile version