Skuts -in die kol!

Die volgende KZN-skuts van Pionier het vanaf 3-6 Oktober aan die SA-skyfskietkompetisie deelgeneem: Caitlin Labuschagne, Emma Wentzel, Anika Dedekind, Karl Fourie, AJ Verster en Michal Richter.

Die volgende KZN-skuts van Pionier het vanaf 3-6 Oktober aan die SA-skyfskietkompetisie deelgeneem: Caitlin Labuschagne, Emma Wentzel, Anika Dedekind, Karl Fourie, AJ Verster en Michal Richter. Pionier kan na die kompetisie met drie SANSSU-skuts spog: Karl Fourie (brons, o.21-Sporterklas), Caitlin Labuschagne (brons, o. 21-Veerklas) en Anika Dedekind (silwer, o.21-Veerklas). Caitlin en Anika se KZN-Veerklasspan was die algehele o.21- Veerklasspanwenners en ontvang elkeen n goue medalje daarvoor.

Anika ontvang ook die volgende medaljes: o.21-Veerklas 10m-staankompetisie: silwer medalje, o.21- skuts algeheel: brons medalje, Kampioen van kampioene (Veerklas): silwer medalje.Ons is trots op die skitterende prestasies van die ses KZN- skuts en veral op die drie SA-skuts. Muntlegging: Die Gereformeerde Kerk Vryheid het op 15 Oktober hul 125ste bestaansjaar gevier. Munte is deur PVC-leerders, Pioniers vir Christus, ingesamel om sodoende aan die muntlegging deel te neem. Hierdie munte wat ingesamel is, word vir die verspreiding van Bybels gebruik. Mooi so, Pioniers! Sport- en kultuurprysuitdeling 2022: Soos oudergewoonte was dit ‘n pragaand met gasspreker, oud-Springbokrugbyspeler, mnr Ruan Combrinck, wat leerders, ouers en onderwysers toegespreek het.

Baie geluk aan elke leerder wat ‘n medalje/trofee gewen het; ons is voorwaar trots op elkeen se besonderse prestasies. Baie geluk aan die volgende leerders met hul uitsonderlike prestasies: Mees uitstaande kultuurprestasie van die jaar: Susan Gregory en Amelda Ungerer; Kultuurpersoonlikheid van die jaar: Susan Gregory; Mees uitstaande sportpresteerder: Karl Fourie; Mees veelsydige sportpresteerder: Melé Erlank; Sportman van die jaar: Karl Fourie; Sportvrou van die jaar: Melé Erlank. Ringbal: Na afloop van KZN-Ringbalproewe, te Richardsbaai, is die volgende Pioniers in hul onderskeie KZN-spanne ingesluit: Riaan Maré, Hannes Steenkamp, Zelma Böhmer, Janika Fereirra en Tristan Parker. Hierdie leerders het tydens die skoolvakansie, 2-8 Oktober 2022, by Camp Discovery, in Dinokeng, aan die nasionale skole ringbaltoernooi deelgeneem. Mooi so, seuns en dogters!

The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.

Please follow us on our YouTube channel and do not be shy; please subscribe and comment as well.

 for the latest news, visit our webpage or follow us on Facebook and Twitter. Join us there!

Exit mobile version