Volkies presteer by Eskom Expo

Vyf leerders van die skool het deelgeneem aan die Mpumalanga Gert Sibande Streek uitdunne.

Hoërskool Volksrust het weer goed presteer by die jaarlikse Eskom Expo for Young Scientists.

Vyf leerders van Hoërskool Volksrust het op 13 Augustus deelgeneem aan die Mpumalanga Gert Sibande Streek uitdunne. Daar was ongeveer 60 projekte uit die streek wat deelgeneem het.

Al vyf diè leerders het medaljes vir hul projekte ontvang soos volg:

Graad 8

Naomi van der Schyf ontvang ʼn silwer-medalje sertifikaat; Carla Viviers ontvang ʼn silwer-medalje sertifikaat

Graad 9

Mohammad Hanslod ontvang ʼn silwer-medalje sertifikaat

Graad 11

Meliné Delport ontvang ʼn goue-medalje sertifikaat asook ʼn goue medalje; Hayley Lavarack ontvang ʼn goue-medalje sertifikaat asook ʼn goue medalje

Hoërskool Volksrust het ook ʼn trofee vir bogemiddelde Expo deelname ontvang.

Baie geluk aan al hierdie leerders en aan al die ouers en familielede wat hulle so getrou bygestaan het. Die leerders wat Mpumalanga gaan verteenwoordig in die Nasionale Eskom Expo later diè jaar moet nog gekies word. Ons wag in spanning en hou duim vas,” het die skool se Hennie van Niekerk gesê.


The news provided to you in this link has been investigated and compiled by the editorial staff of the Newcastle Advertiser, a sold newspaper distributed in the Newcastle area. Please follow us on Youtube and feel free to like, comment, and subscribe. For more local news, visit our webpage, follow us on Facebook and Twitter, and request an add on our WhatsApp (082 874 5550).

Exit mobile version