Local newsVryheid Herald

Opsoek na destydse koperplate van Raadsaal

Indien iemand dalk meer inligting rakende die plaatjies het, kontak André op 083 254 5528

Die ou Raadsaal word tans gerestoureer onder toesig van André van Ellinckhuyzen en sy span. André benodig hulp van die gemeenskap rakende ‘n plaatjie wat tydens die opening van die tuin langs die Raadsaal in die vroeë 1980s deur oud-Burgemeester en Raadslid Gustav Röhrs onthul is. Die seremonie was onder andere spesifiek die onthulling van koperplate wat aan beide kante van die tuinhekkie, bo-op die pilaartjies aangebring was. Later is daaardie plaatjies gesteel. Deel van die restorasieprojek van die Raadsaal is die vervanging van daardie plate – plastiek of perspex natuurlik. Ongelukkig weet niemand wat op daardie oorspronklike plaatjies gedruk was nie. Indien iemand dalk meer inligting rakende die plaatjies het, kontak André op 083 254 5528.

ALSO READ: Historical landmark soon to be ‘crown of the town’

The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.

Related Articles

 
Back to top button