Local newsVryheid Herald

‘n (Woord) veertjie in plaaslike skrywer se hoed

Corné het grootgeword in Paulpietersburg en het haar hoërskoolloopbaan aan Hoërskool Pionier voltooi

Vryheid-omgewing is besaai met suksesvolle skrywers en dit is weereens bewys toe Corné van Rooyen onlangs met ‘n ATKV-Veertjietoekenning wegstap. Die ATKV-Woordveertjies word aangebied om uitsonderlike bydraes rondom die Afrikaanse woord te bekroon. Van Suid-Afrika se voorste Afrikaanse skrywers en illustreerders het al met ’n veer in hul hoed weggestap.

Corné moes onder andere teen Dina Botha meeding, wie verlede jaar met die veertjie weggestap het. Corné hoef geensins terug te staan met haar alreeds 14 gepubliseerde en twee e-boeke teenoor Dina se 78 boeke nie. Hierdie jaar het Corné stof in almal se oë geskop met haar nuutste werk, ‘’n Ultimatum vir liefde’. In hierdie boek, gebruik sy die onlangse inperking as ‘n tema wanneer ‘n getroude paartjie hul seuntjie in ‘n tragiese motorongeluk verloor. Met talle emosionele struikelblokke asook ‘n buite-egtelike verhouding, word die leser se aandag tenvolle ingetrek by die storielyn om uit te vind of die paartjie met ‘n gelukkige einde in mekaar se arms gaan val.

Corné het grootgeword in Paulpietersburg en het haar hoërskoolloopbaan aan Hoërskool Pionier voltooi. Sy het na skool regte gaan studeer, maar sy het nie gepraktiseer nie. Alhoewel Corné altyd gedroom het om eendag ‘n ATKV-Woordveertjie vir een van haar boeke te wen, het sy nooit gedink dat dit werklikheid sou word nie. Dus, was hierdie prys ‘n absolute hoogtepunt vir haar in haar skrywersloopbaan.

‘n Beskeie maar trotse Corné bedank haar lesers vir hul ondersteuning en liefde vir haar boeke. Sy is inderdaad baie dankbaar vir hierdie veertjie in haar hoed. Corné, die gemeenskap is trots om so ‘n bekwame skrywer in hul midde te hê, baie geluk!

ALSO  READ: Paulpietersburg spog met hul ‘plattelandse’ sterre

The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.

Related Articles

Back to top button