Local newsVryheid Herald

My Moeder, Annatjie: ’n nalatenskap

‘n Moeder se liefde, mý Moeder se liefde, ‘n geliefde-dogter-van-God-liefde, wat ons bevoorreg was om te beleef

Geskryf deur haar dogter

Anna Catharina, genoem Annatjie, van Niekerk (née Erasmus)

9 November 1955 – 6 Mei 2023

Geliefde dogter van die Here, op die naam geroep – Sýne

Sy verlaat ons toe sagkens op Saterdag, 6 Mei om en by 19:50. Die een oomblik was daar asem, die volgende oomblik nie. Ons het gebid vir ‘n sagte heengaan na die lyding. Die Here is goed en het ons gebed verhoor.

En nou wéét ek, dat wanneer alle woorde gesê is – op is – en alle doen gedaan is, net één nalatenskap onwrikbaar, onteenseglik bly staan . . .

Dit is die liefde.

‘n Moeder se liefde, mý Moeder se liefde, ‘n geliefde-dogter-van-God-liefde, wat ons bevoorreg was om te beleef deur haar doelbewuste, omstandighede-ten-spyt, eintlik vermetele besluit:

God is goed, en altyd so, en dat sy kompromisloos en vreesloos lief was vir Hom en Hom en Sy Koninkryk gesoek het, bo alles. Dit was die goue draad deur haar 67 jaar en ‘n bietjie op aarde, die rede hoekom sy haar lyding waardig kon dra, haar blik op die ewigheid gerig.

En ons wat agterbly kan verwonderd – dankbaar – bly staan, al wil ons bene meegee van die hartseer, geseënd met haar perspektief. Want ons sal steeds die vrugte van haar besluit pluk tot ons haar blouste-blou oë weer sien.

Ek staan toe verlede week langs haar liggaam om te groet. En my Ma se getuienis van die oomblik toe sy langs my boetie se lewelose liggaam gestaan het byna 22 jaar gelede, spoel oor my soos ‘n salige golf. Hoe sy besef het dat haar liefde vir hom nie doodgaan net omdat hy dood is nie. Inteendeel, haar liefde het meer geword. Dis toe dat sy besluit het dat sy sal kies om te glo dat die Here goed is. En hoe sy ook geweet het dat die ewige lewe waar is. Daar is waarlik niks wat mens so honger maak vir die ewige lewe soos ‘n konfrontasie met die finaliteit van die dood op aarde nie.

Een van die onderwysers, bynaam Tosseltjie, in die tyd toe my Ma skoolhoof was, het op 12 Maart 2017 op Facebook geskryf:

“My Mrs van Niekerk always says, ‘Just because you are in your feelings, it does not mean God is not good. God is good all the time; you are the one who needs to realign yourself to see that.’ I love this so much. You have to believe God is good, regardless of how you feel. I do believe this is one of the keys to winning.”

My Ma se antwoord daardie dag was: “Dear Tosseltjie – we will get there because God is good – all the time . . . “

“I want to leave you something,

Something better than words or sounds.

Look for me in the people I’ve known or loved,

And if you cannot give me away,

At least let me live in your eyes and not your mind.

You can love me best by letting hands touch hands,

And by letting go of children that need to be free.

Love doesn’t die, people do.

So, when all that’s left of me is love,

Give me away.”

ALSO READ: VRYHEID KZN: Huldeblyk aan Attie en Yvonne van Rensburg

The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button