Local newsVryheid Herald

Die gemeenskap groet ‘n groot legende

Nico se gedenkdiens vind 25 November om 11:00 vanuit die AGS-gemeente plaas

Die gemeenskap is tot stilstand geruk met die skielike afsterwe van 34-jarige Nico Kok wat verlede week in ‘n motorongeluk beswyk het.
Nico Kok was welbekend in Vryheid waar hy op 16 Mei 1988 gebore is. Hy het sy laerskoolloopbaan aan die Nuwe Republiek Skool (NRS) voltooi. Daarna het hy sy hoërskoolloopbaan by Hoërskool Vryheid begin waar hy ook sy vrou, Andrea ontmoet het. Leer was nie een van Nico se gunsteling tydverdrywe nie, maar hy het geleef vir sy vriende.

Nico was ‘n bok vir sports en het nie sommer nee gesê vir enigiemand of enigiets nie. Andrea het hom altyd gespot en gesê dat hy ‘n ‘Andrea-arm’ en ‘n ‘vriende-arm’ het wat 360 grade gedraai kan word.
Nico was hulpvaardig en het gehelp waar hy kon, en baie mense het in nood op hom staat gemaak. Die laaste groot gebaar wat Nico vir die gemeenskap gedoen het, was om die boorgat by Inkululeko Kinderhuis te boor. Andrea vertel dat tenspyte van die feit dat hy nie by die oorhandiging van die boorgat kon wees nie, kon hy nie uitgepraat raak oor die boorgat nie en dit was duidelik dat hy baie trots op hierdie donasie was.

Sy grootste droom was om sy eie plaas te besit sodat hy kon boer en die wêreld plat toer. Hy het gereeld gespot dat hy nou moeg is vir alles en almal en dat hy ‘n ‘beach bar’ op ‘n eiland gaan oopmaak. Nico word beskryf as die wonderlikste mens en mees betrokke pa in sy twee kinders se lewens. Hy het elke moontlike oomblik wat hy kon saam met sy kinders Henco en Karlien spandeer. Van motorfiets ry, Monopoly speel tot sportbyeenkomste bywoon en kosmaak was nooit te veel vir hom nie. Kosmaak was een van sy groot passies. Hy het ‘n baie spesiale band met sy kinders gehad.

“Nico was my vriend, handy man en go to person en ons het alles saam gedoen. Hy het presies geweet wat fout was sonder dat ek enigiets gesê het. Hy’t my altyd gehelp om die regte skoene te kies vir my uitrustings en het nie daarvan gehou wanneer ek swart aantrek nie. Hy het my elke traan afgevee en gesê dat alles okei sal wees. Al my vriende wat ek het, is te danke aan hom. Hy was ‘n social butterfly en hy’t my soveel geleer en selfvertroue gegee. Hy was net altyd daar. Vir 20 jaar was hy deel van my lewe.”
Andrea wil hê dat Nico onthou moet word in sy khaki-klere, vellies, hoed en sonbril om die kop en ‘n groot glimlag op sy gesig en vir sy hart van goud.
“Ek mis hom so verskriklik baie – hy was my rots.”

Nico se gedenkdiens vind 25 November om 11:00 vanuit die AGS-gemeente plaas.

ALSO READ: Martin leaves a void in the community

The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.

Click to receive news links via WhatsApp. Or for the latest news, visit our webpage or follow us on Facebook and Twitter. Join us there!

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button