Volkies hou matriekafskeid

Volkies is dankbaar teenoor 'n span matriekouers, in samewerking met Volkiespersoneel, wat gesorg het vir 'n funksie van die hoogste standaard. Lees meer hier:

In uitrustings wat enige Hollywood rooi tapyt sal laat skyn, het Hoërskool Volksrust se matrieks hul spesiale aand op 29 September geniet.

Hierdie glansgeleentheid is gehou by die prentjiemooi Volksrust Battlefields Lodge.

Volkies is dankbaar teenoor ‘n span matriekouers, in samewerking met Volkiespersoneel, wat gesorg het vir ‘n funksie van die hoogste standaard.

VHS is ook dankbaar teenoor me. Carla Joubert wie spesiale oomblikke vasgevang het op kamera.

Ntando Luvuno en Hope Makhanye, Volkies se eie musiekboffins, sal lank in gelukkige herinneringe van hierdie matrieks wandel.

‘n Besondere dank gaan aan mnr. Kevin Kieser van Battlefields Lodge en sy span vir hul onbaatsugtige ondersteuning.


The news provided to you in this link has been investigated and compiled by the editorial staff of the Newcastle Advertiser, a sold newspaper distributed in the Newcastle area. Please follow us on Youtube and feel free to like, comment, and subscribe. For more local news, visit our webpage, follow us on Facebook and Twitter, and request an add on our WhatsApp (082 874 5550).

Exit mobile version