Anton Fitchat laat die ‘party’ bons met nuwe treffer

Anton is tans besig om aan sy nuwe album te werk en sien baie uit om dit met almal te kan deel.

Newcastle se eie Anton Fitchat en Afrikanse sensasie, Etha, twee kunstenaars met ‘n passie vir musiek, het ‘n nuwe enkelsnit vrygestel.

Beurtkrag’ is ‘n liedjie wat handel oor die probleem met elektrisiteitsvoorsiening waarmee almal tans in Suid Afrika worstel. Die liedjie is deur Jan Nel geskryf en is as ‘n popliedjie met ‘n komiese ondertoon beskryf.

Almal raak baie kwaad vir beurtkrag, daarom het ek het besluit om ‘n kans te vat met die liedjie om dit sodoende meer draaglik en selfs prettig te maak. Dit gee die gesinne, wat nie kragopwekkers het nie, die geleentheid om kwaliteit tyd saam met hul geliefdes te spandeer op verskillende maniere wat byvoorbeeld bordspeletjies insluit,” het Anton gesê.

Lees meer oor Anton en Etha se nuwe liedjie in die komende uitgawe van die Newcastle Advertiser!


The news provided to you in this link has been investigated and compiled by the editorial staff of the Newcastle Advertiser, a sold newspaper distributed in the Newcastle area. Please follow us on Youtube and feel free to like, comment, and subscribe. For more local news, visit our webpage, follow us on Facebook and Twitter, and request an add on our WhatsApp (082 874 5550).

Exit mobile version