Inwoner vier mylpaal verjaarsdag

Op 90 is Joe Harmse die oudste inwoner van La Bri aftreeoord waar hy homself omsien en self sy kar bestuur.

Veels geluk, Joe Harmse, met sy 90ste verjaarsdag!

Joe (Roedolf Willem Jacobus) is op 11 Julie 1932 in Elsies Rivier, Kaapstad gebore. Hy het as ‘n kwekeling stoker in 1949 begin en word later treindrywer op stoom en diesel lokomotiewe in Beaufort Wes, Glencoe, Greytown en Newcastle.

Hy het in die huwelik op 8 Desember 1957 met Cornelia Beyers getree. Uit die huwelik is drie kinders gebore: Desmond, Johan en Karen. Joe het tans twee skoondogters, Lenie en Miemsie en een skoonseun, Cliff asook vyf kleinkinders en drie agterkleinkinders met ‘n vierde agterkleinkind oppad.

Joe en sy gesin is sedert 1976 inwoners van Newcastle en hy het met pensioen op 28 Februarie 1988 afgetree. Sy lewensbeskouing is om elke dag dankbaar te wees vir al die seëninge en om altyd positief en vriendelik te wees.

Vir die volle storie, lees die komende uitgawe van die Newcastle Advertiser.


The news provided to you in this link has been investigated and compiled by the editorial staff of the Newcastle Advertiser, a sold newspaper distributed in the Newcastle area. Please follow us on Youtube and feel free to like, comment, and subscribe. For more local news, visit our webpage, follow us on Facebook and Twitter, and request an add on our WhatsApp (082 874 5550).

Exit mobile version