Newcastle AdvertiserNewsSchools

Dup du Plessis meer as net ‘n Volkies ‘legend’

Aan die einde van sy vol lewe was hy gedaan, maar verseker op pad na Sy Hemelse Vader toe.

Dup du Plessis meer as net ‘n Volkies ‘legend’ –

Artikel ingestuur deur Hannetjie Taljaard van Hoërskool Volksrust:

Vir meer as 50 jaar was oom Dup du Plessis meer as ‘n legend in hierdie dorpie van ons. Vir die ouer mense was hy eers ‘n jong, dinamiese, aantreklike en welsprekende onderwyser, wat ‘n draai in die buiteland gemaak het.

Vir ons as jonger Volksrusters was hy Mnr du Plessis, die Engelse onderwyser.

Met sy flambojante en dinamiese vrou, tannie Zuna en vier orrelpypies, wat almal hulle eie rye spore getrap het, was hul almal welbekend in ons gemeenskap. In elke faset van ons samelewing, was Dup, Zuna, Santie, Pierre, William en Jacques aktief betrokke. Altyd vol entoesiasme en energie met meer as genoeg selfvertroue.

Een insident wat ons nooit sal vergeet nie, was toe Oom Dup heel voor in die kerk gaan sit het, met sy sigaret steeds agter sy oor. Dit was met Freddie en Meraai se troue en die skoolkinders kon nie ophou giggel nie…

Een van die grootste, hartseerste begrafnisse wat ek ooit in ons dorp bygewoon het was die van tannie Zuna. Wat ‘n formidabele vrou. Toe gee die Here vir Oom Dup en kinders ‘n tannie Petro, wat nog langer met hom getroud was. Wat ‘n mooi en geseënde huwelik was dit nie.

Met nog baie ander hartseer en swaarkry was hulle altyd saam en ondersteunend. William se dood was vir Oom Dup nie maklik nie. Tog het hy nooit opgehou om voluit die Here te dien nie. Lank na sy aftrede het Oom Dup nog by VHS kom aflos en bietjie Engels kom gee.

Soos die jare aanstap het Oom Dup sagter en stiller geword, steeds vol liefde en deernis. Aan die einde van sy vol lewe was hy gedaan, maar verseker op pad na Sy Hemelse Vader toe.

Ons harte is baie seer. Nog ‘n baie groot boom met diep wortels, is nie meer hier nie. Ons gaan dit mis om in Oom Dup se skadu te sit. Kuier lekker ini hemel! Ons sal Oom nooit ooit vergeet nie.

Staaltjies en gesegdes van Oom Dup:

In skool:

  • Oom Dup het almal saggies aan die slaap gesus met Shakespeare om dan bulderend te roep: “Romeo, where art thou?”
  • Hy het altyd galant gevra: “Be kind to my tables and chairs, don’t put your suitcases on it…”

In hokkie:

  • “Deur die gaatjie na jou maatjie.”
  • “Hou die ‘ball’, verloor die ‘ball’.”

In atletiek:

  • “Hardloop Anna, jy is nie op vakansie nie – ek wil nog voor more by die huis wees.”

Later (saggies):

  • “Hello, my kind. Nou is ek oud.”

The news provided to you in this link has been investigated and compiled by the editorial staff of the Newcastle Advertiser, a sold newspaper distributed in the Newcastle area. Please follow us on Youtube and feel free to like, comment, and subscribe. For more local news, visit our webpage, follow us on Facebook and Twitter, and request an add on our WhatsApp (082 874 5550).

Related Articles

Back to top button