Local newsNewsVryheid Herald

Die ‘Drommedaris’ rol Vryheid binne

Daar sal ook ‘n ‘snapscan’ kode beskikbaar wees vir mense om geld te skenk

‘n Paar onbekende gesigte (‘Drommedaris-toer’) en elkeen met ‘n blik in die hand gaan hul verskyning tydens die Paasnaweek in Vryheid maak. Op Dinsdag, 12 April het 38 studente van Sonop Christelike Tehuis vanuit Pretoria vertrek met ongeveer 660km se vooruitsigte. Hierdie jaar se fondse gaan aan die Beeld Kinderfonds. Die groep studente sal laatmiddag op 15 April in Vryheid aankom en sal in Vryheid rondbeweeg en blikskud om fondse in te samel. Daar sal ook ‘n ‘snapscan’ kode beskikbaar wees vir mense om geld te skenk. Almal is aangemoedig om hierdie jong studente soos net die Vryheid-gemeenskap kan wanneer hulle Vryheid besoek, te ondersteun en verwelkom. Sonop is ‘n Christelike tehuis by die Universiteit van Pretoria en ‘n paar dekades terug het ‘n paar Sonop-huislede besluit om ‘n oliedrom tot in Zimbabwe te rol. Die doel agter die rol van die oliedrom was dat daar sanksies was wat voorkom het dat olie kon ingevoer word. Die studente het die taak uitgevoer en dit word vandag as die eerste ‘Drommedaris-toer’ beskou. Die naam is ook ‘n woordspeling van Jan van Riebeeck se skip ‘Dromedaris’ en dit is ook gebaseer op die feit dat tydens die oorspronklike toer, die dromme moes aanhou rol totdat die ‘dromme daar is’. Dit het daarna ‘n tradisie by Sonop geword om elke tweede jaar ‘n fietstoer te reel vir liefdadigheid. Die vorige toer in 2019 was Ballito toe, maar die pandemie het veroorsaak dat die toer ‘n jaar gemis het. Daar is ook ‘n tandemfiets met die naam ‘Dromfiets’ wat elke kilometer van die toer moet ry. Hierdie spesifieke fiets se raam is al vir talle Drommedaris-toere gebruik. Geld kan inbetaal word by: Rekening naam – Beeld-Kinderfonds Bank – ABSA Rekeningnommer – 28401 57329 Takkode – 632 005 Die verwysing moet jou selfoonnommer, naam en van wees. Die span ry op 15 April vanaf Volksrust tot in Vryheid (141km), op 16 April vertrek hulle vanuit Vryheid na Nongoma (109km), en die groep eindig 123km verder in St Lucia.

ALSO READ: Take a paw in hand and support VAWS for a cause

The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.

Please follow us on our YouTube channel and do not be shy; please subscribe and comment as well. 

Or for the latest news, visit our webpage or follow us on Facebook and Twitter. Join us there!

Related Articles

Back to top button